Tradisionele kultuurgroepe herdenk Versoeningsdag

Verteenwoordigers van die kultuurgroepe en van die ATKV Centuriondansers, -sangers en -musikante. Voor is Johnny Campbell (Eersterust Griekwa en Khoisangroep), Nontobeko Komani (Xhosagroep), Angelique Allison (ATKV Centurion), Dolly Mtiki (Xhosagroep), Joyce Mabena (Ndebelegroep) en Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion en ATKV-direksielid). 2e ry: Herman Steyn, Carike Schoeman, Marika Swartz, Marietjie Smit, Maritza Swartz, Helleen Wentzel, Ricardo Muller. Agter: Henry J en Johan van Zyl

Verskeie tradisionele kultuurgroepe het Versoeningsdag die herdenking van die ingebruikneming van die verbindingspad tussen die Voortrekkermonument en Vryheidspark bygewoon.

Sonja Lombard, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, en Fana Jiyane, hoof uitvoerende beampte van Vryheidspark het elk toesprake gelewer.

Die ATKV Centurion-kultuurgroep het met die sing van “Pleidooi vir Afrika” die geleentheid afgesluit. Die groep het vroeër die dag ook as gaskunstenaars by die Versoeningsdagvieringe by Vryheidspark opgetree.  Tradisionele danse en sang op die maat van bekende Afrikaanse liedjies is aangebied met ‘n kitaar-, mondfluitjie- en saagbegeleiding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

Dit is deur sulke mense wat ons land ten gronde gaan deur ‘n “reënboognasie”. En dan het hulle nog die vermetelgeit om soos voortrekkers aan te trek. Kry julle nie skaam nie? Ons eie ATKV wat nie meer Afrikaner trots is nie!.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.