Vaalpark Kothuismark

28-29 Oktober 2011

Besoek op 28 & 29 Oktober 2011 ons vakansie- en Kersmark en vergewis jouself:
dís nou die regte plek om vir goeie handwerk te kom delf!
Uitstallers se ware wissel van “old school” tot super “cool”.
Hier bied ons jou ‘n wye verskeidenheid Franse lint,
popmeubels, glas- en piouterkuns, houtwerk, kerse, juwele, miniatuurskilderye en klere vir ma, ouma en kind.
‘n Dinkskrum is in alle erns oor ons produkte gehou:
kyk maar uit vir kosstalle wat roerbraai, ontwerpers-toebies, -boereworsrolle en verfrissende slaaie bou.

Aan handsakke, naaldwerk, koekies, lekkers, beskuit,
rame, kussings, loodglas, tuisgekoote mosterd en konfyt, droëvrugte, juwele en oudhede is daar geen tekort;
koop “groen” produkte, babaskoentjies, kunshulpmiddels,
plekmatte, of ‘n seep om te gebruik in die stort!
Daar is ook ‘n bazaartafel van ‘n plaaslike ouetehuis;
pragtige Kers-ornamente en plante sonder ‘n enkele luis!

Die Teetuin het ‘n heerlike lagies-slaai en ‘n suurlemoenmeringue-koek om te toetsbestuur:
ons sit daarmee en wag net vir jou, ou Dier!

Tye: Vrydag, 28 Oktober: 09:30–19:00
Saterdag, 29 Oktober: 08:00–15:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.