Vaalskou

30 September – 8 Oktober 2011

Dit is skoutyd! Die Vaalskou skud sy vere reg vir die grootste skou van die jaar – DieVaalskou 2011. Vanaf 30 September tot 8 Oktober 2011 gaan ons skou hou. Dit is weer hoog tyd dat die Vaaldriehoek sy pronkvere wys. Want daar is genoeg rede vir groot vertoon.

Duisende mense stroom jaarliks na die Vaaldriehoek om deel te neem aan `n verskeidenheid sportsoorte, sowel as nasionale en internasionale kompetisies. Die Vaaldriehoek is bekend vir sy toerisme aktraksies en aktiwiteite. Die Vaalskou gaan `n groot aantrekkingskrag bied vir toerisme en plaaslike inwoners.

Die Vaalskou se fokus vir die jaar 2011 is gerig op positiewe lewensverryking. Dit beteken dat die skou iets vir almal bied wat kan waarde toevoeg tot jou lewe en lewensomstandighede. Met toegangsgelde van slegs R10 per persoon is die skou se hekke oop vir almal – jonk en oud.

Dit is algemeen bekend dat die Vaaldriehoek een van die sterkste groeipunte in die land is met `n gevestigde industriële infrastruktuur. Daarmee saam loop die Vaalrivier deur die Vaaldriehoek en bied `n atmosfeer en geleentheid vir vele sport en ontspanning. Natuur liefhebbers en buitelug mense vind die Vaaldriehoek aantreklik en bereikbaar om hulle persoonlike lewensverreikende aktiwiteite te be-oefen.

Die Vaalskou bied `n geleentheid om in hierdie wêreld van positiewe lewensverryking in te stap. Met baie uitstallers betrokke is dit `n geleentheid om nie mis te loop nie. Oor die tydperk van 9 dae is die Vaalskou gerig op aksie belaaide aktiwiteite en uitstallings. Die skou bied aan elke persoon die geleentheid om betrokke te wees by die aktiwiteite wat die uitstallers bied. Die skou bied `n ek-sal-weer-kom ervaring.

Die Vaalskou het ten doel om die 2011 skou `n vertoonvenster van die Vaaldriehoek en omliggende gebiede te maak. Daarom is die volgende fokusareas belangrik:

Sport:

  • Verskeie sport en ontspannings uitstallings is betrokke. Vergeet vir `n oomblik die spanning van werk en sien wat kan die lewe jou kan bied.

Stokperdjies:

  • Hou op wonder wat jy in jou spaar tyd kan doen. Raak bewus en betrokke by vele stokperdjies vir oud en jonk. Jy sal verbaas wees wat jy alles kan doen.

In en om die huis:

  • Die spreekwoord is waar wat sê: “There is no place like home”. Daar is min dinge wat so lekker is as om jou huis vir jou gesin gerieflik, warm en gemaklik te maak. Kom sien wat jy alles kan kry om van jou huis jou paleis te maak.

Die Buitelewe:

  • Ons droom elkeen van `n lekker tyd buite in die bos en by die see. Die oop uitstalruimtes is gefokus op die buitelewe. Motors, 4×4`s, sleepwaens, karavane, moderne toerusting vir die lewe daar buite, bote, jet ski`s, swembaddens, borrelbaddens en nog vele meer is te sien.

Finesse vir die dames:

  • Dames, kom geniet die geleentheid om te ontspan en jouself te bederf met alles wat mooi en aantreklik is. Alles van kop tot tone.

Eet en Drink:

  • Daar is `n verskeidenheid van kosstalletjies en eetplekke vir die honger wat knaag. Koeldrank en `n biersaal/tuin is natuurlik deel van die skou. Die reuk van braaivleis vure sal jou begroet en jy sal nie by die pannekoek stalletjie kan verbystap sonder om die soettand vol te maak nie.

Jongmense: 

  • Dit is vakansietyd. Die Vaalskou bied `n verskeidenheid van geleenthede vir jongmense om hulleself te geniet en heerlik te ontspan. Moenie die rekenaar speletjies vergeet nie.

Landbou:

  • Die skou gaan weer spog met sy landbou afdeling en diere. Hierdie afdeling lewer altyd sy top kampioene.

Hou die pers dop en luister na die plaaslike radiostasies vir meer inligting. Die Vaalskou 2011 gaan kook. Dit is skoutyd vir almal. Jy kan dit nie misloop nie. En onthou – daar is altyd spesiale aanbiedinge tydens die skou wat slegs vir die tydperk van die skou geldig is. Die Vaalskou bied die beste vir almal.

Die Vaalskou: 30 September tot 8 Oktober 2011. Sien jou daar.

Die Vaalskou gaan vir jou baie verrassings bied!

Besoek hulle webtuiste hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.