Van Gogh-skildery eerste keer in ’n eeu te sien

Die ‘Scène de rue à Montmartre (’n Straattoneel in Montmartre)’ wat in 1887 deur Vincent van Gogh geskilder is. (Foto: Sotheby’s Auction House)

ʼn Paryse straattoneel wat deur Vincent van Gogh geskilder is, sal binnekort vir die eerste keer in langer as ʼn eeu in die openbaar te sien wees nadat dit heeltyd agter geslote deure was.

Scène de rue à Montmartre (’n Straattoneel in Montmartre) was sedert dit in 1887 geskilder is meestal in die besit van ʼn Franse familie. Sotheby’s skat dat die skildery ʼn bedrag van tot £6,9 miljoen (sowat R143 miljoen) kan haal wanneer dit volgende maand op veiling te koop aangebied word.

Martin Bailey, ʼn kenner van Van Gogh se skilderkuns, het aan BBC News gesê dit is “die eerste keer dat ons dit behoorlik kan sien”.

Klein namaaksels van die skildery is voorheen dikwels in swart-en-wit weergawes vervaardig. “Wat opwindend is, is dat dit ʼn Van Gogh-skildery is wat al jare lank versteek is sedert dit van die kunstenaar se esel gekom het,” het Bailey gesê.

“Dit was altyd deel van private versamelings, slegs die eienaars en hulle vriende het dit geken. Dit is ʼn interessante skildery, want dit is ʼn oorganklike werk tussen Van Gogh se Hollandse jare, toe hy met donker, aardse kleure geskilder het, en die uitbundige werke wat hy in Provence, Frankryk, geskilder het.

“Hy het in Parys die Impressioniste soos Monet en Pissarro ontdek en dit het daartoe gelei dat hy met kleure geëksperimenteer het.”

Dit is een uit ʼn reeks werke wat deur Van Gogh geskep is terwyl hy tussen 1886 en 1887 saam met sy broer Theo gewoon het, ʼn kort entjie van die straattoneel wat hy geverf het.

“Totdat die hamer neergeslaan word, sal ʼn mens uiteraard nie weet wat op so ʼn veiling kan gebeur nie. Daar is tans groot belangstelling in Van Gogh vanuit die Verre Ooste; die Van Gogh-mark is dus werklik globaal,” het Bailey bygevoeg.

Die skildery sal by Sotheby’s se veilinghuise in Parys, Amsterdam en Hongkong ten toon gestel word voordat dit op 25 Maart te koop sal wees.

“Die verskyning van ʼn werk van dié kaliber en vanuit so ʼn ikoniese reeks op die kunsmark is onbetwisbaar ʼn reuse-aangeleentheid,” het Sotheby’s gesê.

Montmartre was nog halflandelik toe die toneel geskilder is. Die Moulin à Poivre-windmeul wat in 1911 gesloop is, ʼn paar plaaslike inwoners wat in die straat stap en die ingang na die Moulin de la Galette-kamp verskyn in die skildery.

Die bekende Sacré-Cœur-kerk wat tans die gebied oorheers, was op daardie tydstip nog in aanbou.

Van Gogh het Parys in 1888 vir die suide van Frankryk verruil. Hy het in Julie 1890 naby Parys gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Menan ·

A pioneering study into Vincent van Gogh’s psychiatric health in the years immediately before his suicide has found that the artist had delirium, in part due to alcohol withdrawal after cutting off his ear and being admitted to hospital.
An article published by researchers in the International Journal of Bipolar Disorders has pointed to evidence that Van Gogh was increasingly heavily dependent on wine and absinthe from 1886 until his death on 29 July 1890 at the age of 37.
The last three years of the artist’s life were some of his most productive, during which the Dutch artist painted more than 30 self-portraits and the series of seven paintings of sunflowers.
As a young man there were signs he had developed a bipolar mood disorder, with traits of a borderline personality disorder, but this “likely worsened through an alcohol use disorder combined with malnutrition, which then led, in combination with rising psychosocial tensions, to a crisis in which he cut off his ear”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.