Vandag se sportnuus

Tennis

In vanjaar se laaste Grand Slam-toernooi, die Amerikaanse Ope, het die top-gekeurde spelers gesukkel. Slegs vier van die 16 spelers in die kwarteindronde vir mans en vroue, is top-tien gekeurdes.

  • Suid-Afrika se (28) Kevin Anderson het vir die eerste keer in sy loopbaan die halfeind van ʼn Grand Slam-toernooi gehaal. Anderson het (17) Sam Querrey van die VSA in vier stelle met 7-6, 6-7, 6-3 en 7-6 geklop.
  • Vandag sal (1) Rafael Nadal asook (3) Roger Federer in aksie wees in die kwarteindronde.

Die ander kwarteindstryde wat reeds afgehandel is se uitslae lyk só:

  • Mansenkelspel
  • Vroue-enkelspel

Netbal

Na die derde ronde van die Varsitybeker-reeks is Maties net-net voor op die punteleer:

Rugby

  • Curriebeker

Die flank Kwagga Smith sal saam met die voorry Jacobie Adriaanse Vrydagaand vir die Leeus teen Griekwas op die veld draf.

  • Sewesrugby

Die Springbok-vrouespan gaan aanstaande week in die Tunisië aan die Afrika- toernooi deelneem. Die toernooi dien ook as kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker. 

Gholf

  • Die outomatiese kwalifisering vir die twee Presidentsbeker-spanne is afgehandel. Die kompetisie begin op 28 September. 

VSA: Dustin Johnson, Jordan Spieth, Justin Thomas, Rickie Fowler, Daniel Berger, Brooks Koepka, Kevin Kisner, Patrick Reed, Matt Kuchar en Kevin Chappell.

Internasionale-span: Hideki Matsuyama (Japan), Jason Day (Australië), Adam Scott (Australië), Louis Ootshuizen (Suid-Afrika), Charl Schwartzel (Suid-Afrika), Marc Leishman (Australië), Branden Grace (Suid-Afrika), Jhonattan Vegas (Venezuela), Kim Si-woo (Suid-Korea) en Adam Hadwin (Kanada).

  • Na die naweek se oorwinning in die Europese reeks het Haydn Porteous se posisie na 190ste op die Wêreldranglys verbeter.
  • In die Sonskynreeks slaan die spelers vandag af in die Sun Fish River Sun-uitdaging in die Oos-Kaap.

Motorwedrenne

  • Moto GP

Komende naweek word die San Marino Moto GP afgehandel. Valentino Rossi sit met ʼn gebreekte been en sal nie in aksie wees nie. Net 13 punte skei tans die voorste drie renjaers:

  • Formule Een

Die renjaers geniet komende naweek ʼn blaaskans. Aanstaande naweek vind die Singapoer Grand Prix plaas.

  • Krieket

Die tweede dag van die tweede toets tussen Bangladesj en Australië is afgehandel. Australië het teen uitskeityd op 225 lopies vir die verlies van net 2 paaltjies gestaan. Dis in antwoord op Bangladesj se 305 lopies in hul eerste beurt.

Sokker

In Fifa se Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde is agt wedstryde gister in die Afrika-sone gespeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jack Russl ·

Dit is seker reg dat sport nou onder vermaak geklasifiseer word, aangesien meeste sport nie meer oor die sport self gaan nie. Meeste gaan net oor geld en om die skare te vermaak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.