Video: ʼn Wêreld van kuns in Johannesburg

The Collective, 2004 Sanell Aggenbach Foto: FNB Joburg ArtFair (verskaf aan Maroela Media)

The Collective, 2004 Sanell Aggenbach Foto: FNB Joburg ArtFair (verskaf aan Maroela Media)

ʼn Videogesprek met die kunstenaar Gabrielle Alberts volg onderaan die berig.

Die jaarlikse FNB Joburg ArtFair word tussen 22 en 24 Augustus 2014 by die Sandton-konferensiesentrum aangebied en beloof om weer die beste in die kunswêreld ten toon te stel.

Dit is al die sewende jaar wat dié internasionale fees aangebied word en bied aan kunstenaars, versamelaars en selfs diegene met ʼn waardering vir kuns die geleentheid om bymekaar te kom.

Ross Douglas, die direkteur van die FNB Joburg ArtFair, sê hulle kyk deurlopend hoe hulle dié kunsfees aan die gevestigde kunswêreld in Europa en Amerika en selfs ook die jong kunswêreld uit plekke soos Lagos, te kan verbind. “Die uitdaging is steeds om ʼn Pan-Afrikaanse kunstefees te bou wat die beste kunstenaars, galerye, kurators en kopers van die kontinent te lok.

Vanjaar se fees fokus onder andere op Nigerië en uitstallers van 37 galerye en kunsplatforms van agt verskillende lande. Nog ʼn hoogtepunt is die FNB-kunsprys wat hulde bring aan die een kunstenaar wat die deur die betrokke galerye genomineer word.

FNB Joburg ArtFair
Datum: 22 tot 24 Augustus
Plek: Sandton-konferensiesentrum, Johannesburg
Klik hier om jou kaartjies te koop.

Gabrielle Alberts van Kaapstad is een van die kunstenaars wat vanjaar by die FNB Joburg ArtFair te sien is. Sy skep miniatuur keramiekweergawes van alledaagse tonele en vir hierdie geleentheid maak sy ʼn miniatuur weergawe van die FNB Joburg ArtFair.
Die video is deur FNB vervaardig.

Vir meer inligting oor die FNB Joburg ArtFair, klik hier.
http://www.youtube.com/watch?v=z3D703Ua8UA

Lees ook: FNB JoburgArtFair: A Collectors’ Guide To Buying Art

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.