Video: Talle bekendes by Fiëstas

Charne Marwick en Willem Botha by die kykNET Fiëstas.

Charne Marwick en Willem Botha by die kykNET Fiëstas.

ʼn Video van die kykNET Fiëstas volg onderaan die berig

Die jaarlikse kykNET Fiëstas is op 13 Februarie by die Staatsteater in Pretoria gehou. Talle bekendes in die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld het by dié skittergeleentheid kom gesig wys. Die geleentheid is vanjaar vir die eerste keer regstreeks uitgesaai op kykNET sodat die kykers tuis in elke oomblik van die glansaand kon deel.

Frank Opperman, die gasheer vir die aand, het met sy vlymskerp humor die skare aan die skater gehou en die bekroonde Ian von Memerty het elke persoon in die gehoor en kyker die huis vasgenael gehou. Daar was ook optredes deur gaskunstenaars soos Dozi, Karen Zoid, Zolani en Dorothy Masuka.

Die groot wenners van die aand was Nicola Hanekom en die span van macbeth.slapeloos.

Die wenners van die 2014 Fiëstas is as volg:

 Lewensbydrae:

Emma Renzi vir Musiek

Chris Barnard vir Drama/skryfkuns

Neels Hanson vir Teater ontwerp

 Beste akteur:

Dawid Minnaar vir macbeth.slapeloos

 Beste aktrise:

Anna-Mart van der Merwe vir macbeth.slapeloos

 Beste manlike byspeler:

Charlton George vir macbeth.slapeloos

Beste vroulike byspeler:

Lee-Anne van Rooi vir Bidsprinkaan

 Beste regie:

Nicola Hanekom vir Land van skedels

Beste teaterontwerp:

Nicola Hanekom vir Land van skedels

Beste prestasie in ‘n musiekgedrewe produksie:

Schalk Joubert vir Die wêreld is my woning

Beste spel in ‘n solovertoning:

Tobie Cronjé vir Ballade van ‘n banggat

Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering:

Nicola Hanekom vir Land van skedels

Beste opkomende kunstenaar:

Die ensemble van Te veel vir ‘n coloured girl vir Te veel vir ‘n coloured girl

Beste prestasie in klassieke musiek:

Petronel Malan vir Petronel Malan – Klavieruitvoering

Beste prestasie in dansteater:

Steven van Wyk & Thalia Laric vir “Skoonveld” in PLASTIC

Beste prestasie in visuele kuns:

Jan van der Merwe vir Tyd en ruimte

 Beste musiekgedrewe produksie:

Dorothy – 60 Jaar

 Beste aanbieding:

Land van skedels

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.