ʼn Video van die kykNET Fiëstas volg onderaan die berig
Die jaarlikse kykNET Fiëstas is op 13 Februarie by die Staatsteater in Pretoria gehou. Talle bekendes in die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld het by dié skittergeleentheid kom gesig wys. Die geleentheid is vanjaar vir die eerste keer regstreeks uitgesaai op kykNET sodat die kykers tuis in elke oomblik van die glansaand kon deel.
Frank Opperman, die gasheer vir die aand, het met sy vlymskerp humor die skare aan die skater gehou en die bekroonde Ian von Memerty het elke persoon in die gehoor en kyker die huis vasgenael gehou. Daar was ook optredes deur gaskunstenaars soos Dozi, Karen Zoid, Zolani en Dorothy Masuka.
Die groot wenners van die aand was Nicola Hanekom en die span van macbeth.slapeloos.
Die wenners van die 2014 Fiëstas is as volg:
Lewensbydrae:
Emma Renzi vir Musiek
Chris Barnard vir Drama/skryfkuns
Neels Hanson vir Teater ontwerp
Beste akteur:
Dawid Minnaar vir macbeth.slapeloos
Beste aktrise:
Anna-Mart van der Merwe vir macbeth.slapeloos
Beste manlike byspeler:
Charlton George vir macbeth.slapeloos
Beste vroulike byspeler:
Lee-Anne van Rooi vir Bidsprinkaan
Beste regie:
Nicola Hanekom vir Land van skedels
Beste teaterontwerp:
Nicola Hanekom vir Land van skedels
Beste prestasie in ‘n musiekgedrewe produksie:
Schalk Joubert vir Die wêreld is my woning
Beste spel in ‘n solovertoning:
Tobie Cronjé vir Ballade van ‘n banggat
Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering:
Nicola Hanekom vir Land van skedels
Beste opkomende kunstenaar:
Die ensemble van Te veel vir ‘n coloured girl vir Te veel vir ‘n coloured girl
Beste prestasie in klassieke musiek:
Petronel Malan vir Petronel Malan – Klavieruitvoering
Beste prestasie in dansteater:
Steven van Wyk & Thalia Laric vir “Skoonveld” in PLASTIC
Beste prestasie in visuele kuns:
Jan van der Merwe vir Tyd en ruimte
Beste musiekgedrewe produksie:
Dorothy – 60 Jaar
Beste aanbieding:
Land van skedels