Volmaanpiekniek by die Taalmonument

Foto: www.bottlejuice.com

Piekniekliefhebbers moenie die maandelikse volmaanpiekniek by die Taalmonument op Paarlberg op Vrydag 3 Februarie en Saterdag 4 Februarie misloop nie. Dié pieknieks is gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en naguitsig van die vallei geniet.

Die maan sal Vrydag 82.3% vol wees (maanopkoms is om 16:23 en sonsondergang is om 19:50). Saterdag sal die maan 89.5% vol wees (maanopkoms is om 17:12 en sonsondergang is om 19:50). ‘n Begeleide toer van die monument sal om 18:30 en weer om 19:30 aangebied word, en die monument sal tot om 22:00 oop wees. Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800 of [email protected]). Volksmond sal tot om 22:00 oop wees vir koffie en ligte verversings.

Die toegangsfooi by die hek beloop R15 vir volwassenes, R10 vir studente en R5 vir kinders. Geen besprekings is nodig nie. Besoekers moet onthou om flitse en warm klere saam te bring. Geen honde en vure word toegelaat nie. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Die laaste volmaanpiekniek vir dié somerseisoen vind plaas op Vrydag 9 Maart.

Die monument sal in die somerseisoen vanaf Oktober tot Maart 2011 tot 20:00 oop wees. Vir verdere inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, skakel 021 872 3441 of besoek www.taalmonument.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francois Smith ·

Goeiedag

Dit is ‘n pragtige etiket vir ‘n wynbottel. Is dit al gebruik in SA? Wie is die kunstenaar? Hoor graag van julle.

Francois Smith

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.