Volmaanpiekniek met Kersvader

Kinders wat nie meer langer kan wag om vir Kersvader te ontmoet nie, kan ’n vroeë Kersfees kom beleef tydens die volmaanpieknieks by die Taalmonument in die Paarl op Vrydag 9 en Saterdag 10 Desember.

Ouers moet hul kinders se geskenke, wat duidelik gemerk moet wees, vooraf in Kersvader se kerskous by Volksmond Koffiewinkel besorg. Kersvader behoort om 18:30 sy opwagting te maak om geskenke uit te deel.

Om die aand verder opwindend te maak, word besoekers aangemoedig om groen of rooi klere aan te trek om ’n lekker Kersfees-atmosfeer te verseker. Gelukkige pryse is op die spel vir diegene met die beste uitrusting in verskillende ouderdomskategorieë.

Die volmaanpiekniek is baie gewild onder piekniekgangers omdat dit ‘n asemrowende sonsondergang en naguitsig van die vallei inhou. Vrydag sal die maan byna vol wees, met maanopkoms om 18:59 en sonsondergang om 19:49. Saterdag sal die maan 100% vol wees, met sonsondergang om 19:50 en maanopkoms om 19:51. ‘n Begeleide toer van die monument sal om 19:30 aangebied word, en die monument sal tot om 22:00 oop wees.

Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800 of [email protected]). Volksmond sal tot om 22:00 oop wees vir koffie en ligte verversings.

Die toegangsfooi by die hek beloop R15 vir volwassenes, R10 vir studente en R5 vir kinders. Geen besprekings is nodig nie. Besoekers moet onthou om flitse en warm klere saam te bring. Geen honde en vure word toegelaat nie. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer.

Volmaanpieknieks in 2012 vind plaas op Vrydag 6 Januarie, Saterdag 7 Januarie, Vrydag 3 Februarie, Saterdag 4 Februarie en Vrydag 9 Maart.

Die monument sal in die somerseisoen vanaf Oktober tot Maart 2011 tot 20:00 oop wees. Vir verdere inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, skakel 021 872 3441 of besoek www.taalmonument.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.