30 September – 4 Oktober 2011
Die Twee Oseane Hermanus Walvisfees vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar as die enigste omgewingskunsfees in Suid-Afrika. Vanjaar sal seediere saam met top kunstenaars die verhoog deel. Hermanus is alombekend vir sy walviskyk met meer as 130 duisend mense wat die fees verlede jaar besoek het.
Vanjaar se fees bied onder meer die volgende aan besoekers:
- Die Checkers Leeftafel – ‘n markiestent wat aan besoekers die geleentheid bied om bekendes te ontmoet terwyl hulle kos demonstrasies doen en besoekers ‘n eetdingetjie en glasie wyn kan geniet. Daar is plek vir 150 mense en demonstrasies sal elke 20 minute plaasvind
- Daar sal vir die duur van die fees sport op die strand aangebied word insluitend ‘n baai tot baai swemkompetisie
Vir meer inligting skakel 028 313 0928 of stuur ‘n epos aan [email protected]
Besoek hulle webtuiste hier