Walvisfees

30 September – 4 Oktober 2011

Die Twee Oseane Hermanus Walvisfees vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar as die enigste omgewingskunsfees in Suid-Afrika. Vanjaar sal seediere saam met top kunstenaars die verhoog deel. Hermanus is alombekend vir sy walviskyk met meer as 130 duisend mense wat die fees verlede jaar besoek het.

Vanjaar se fees bied onder meer die volgende aan besoekers:

  • Die Checkers Leeftafel – ‘n markiestent wat aan besoekers die geleentheid bied om bekendes te ontmoet terwyl hulle kos demonstrasies doen en besoekers ‘n eetdingetjie en glasie wyn kan geniet. Daar is plek vir 150 mense en demonstrasies sal elke 20 minute plaasvind
  • Daar sal vir die duur van die fees sport op die strand aangebied word insluitend ‘n baai tot baai swemkompetisie

Vir meer inligting skakel 028 313 0928 of stuur ‘n epos aan [email protected]

Besoek hulle webtuiste hier

Besoekers aan verlede jaar se Walvisfees

Besoekers aan verlede jaar se Walvisfees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.