Waterberg Wildsfees

22-24 September 2011

Die Waterberg Wildsfees is ‘n jaarlikse feesgeleentheid wat gehou word op die eiendom van Oljaco Wildveilingkrale. Die fees vind plaas op 23-24 September 2011. Die fees word bygewoon deur ‘n wye verskeidenheid mense vanuit verskeie plekke oa. Oorsese beleggers, toeriste en hooggeplaasde sakelui. Die fees word gekombineer met die laaste wildveiling van die jaar, wat opsigself ’n groot geleentheid is, wat deur honderde mense bygewoon word.

Aangesien die fees oor die afgelope jare suksesvol aangebied is, wil die loodskomitee die impak van hierdie fees verbreed.

Die doel van die fees is om:
· Gesonde vermaak aan te bied in die vorm van kunstenaars en ander aktiwiteite
· Die omgewing en die gemeenskap bekend te stel aan besoekers
· Om gemeenskapsopheffing te ondersteun
· Om ‘n atmosfeer van samehorigheid te skep

Die sukses van die feesgeleentheid is grootliks te danke aan die betrokkenheid van die algemene publiek. Om so ‘n fees ‘n ware sukses te maak, moet daar voldoende vermaak en aktiwiteite vir almal wees. Daarom is daar verskeie kunstenaars en ander aktiwiteite gereël vir die twee dae van die fees.

Kunstenaars vir vanjaar se fees sluit in: Jay en Lianie May, Snotkop en Suzanne, Nadine, Bobby van Jaarsveld, Romanz en Ricky Faber.

Besoek hulle webtuiste hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.