Waterfees

28-30 Oktober 2011

Ons, Renosterberg Pre-Primêr, is ‘n multi-kulturele skool met kinders uit alle vlakke van die samelewing. Die skool is geleë in Petrusville in die Noord-Kaap. Weens die feit dat ons ‘n privaat instansie is, wat geen subsidie van die staat ontvang nie, is dit vir ons noodsaaklik om self addisionele fondse te genereer. Sodoende probeer ons om deur middel van fondsinsamelings die finansiële las van die ouers te verlig. Ons benodig fondse vir kwaliteit onderwys en dit sluit in die vermoë om kompeterende salarisse te kan betaal, die nodige opvoedkundige apparate te kan aankoop en om ander diverse uitgawes te dek.

Die Kleuterskool hou op 4 Augustus 2011 ‘n fondsinsameling waar die kleuters op die wit geverfde mure van die skool hul kunswerke gaan verf. Kleuters se hande word geborg om sodoende fondse in te samel. Die kleuterskool se grootste fonds-insameling vind 28 – 30 Oktober plaas namens die Waterfees. Die eerste Waterfees was verlede jaar ‘n groot sukses en dit het ook daartoe bygedra dat ons 30% van ons totale wins aan ander liefdadigheids organisasies in ons omgewing kon skenk.

Renosterberg Pre-Primêr bied die Kinnerland aan by die Waterfees waar die volgende aangebied word: Springkastele, waterglybane, waterballe, gesigverf, inkleurkompetisies, kulkunstenaar, elektriese motorfietsies, perdjieritte, spookasem masjien ens.

Verder sal die suksesvolle aanbieding van so ‘n fees ‘n inspuiting wees vir die sosio-ekonomiese ontwikkeling van ‘n gebied wat gebuk gaan onder ‘n groot behoefte vir uitbreiding. Vanderkloofdam is die tweede grootste dam in Suid-Afrika, geleë in die middel van Suid-Afrika met toegangsroetes vanaf al vier die windrigtings, met omliggende dorpe soos De Aar, Philipstown, Britstown, Hanover, Colesberg, Petrusville, Orania, Hopetown, Strydenburg, Petrusburg, Koffiefontein en Luckhoff.

Die fees bied ook geleentheid waar staatsdepartemente soos bv. Toerisme, Polisie, Waterwese, Onderwys ens. inligting kan bemark asook meer blootstelling kan geniet.

Vir die feesganger word die volgende aangebied:

  • Verblyf in Vakansie Oord, gastehuise en plase
  • Visvang
  • Wateraktiwiteite
  • Besoeke aan Rolfontein Natuurresservaat
  • Besigtiging van Boesmantekeninge, artefakte en museum
  • 4×4 en vierwiel motorfiets roetes
  • Jaggeleenthede
  • Staproetes en rotsklim
  • Damwalbesoeke
  • Ondersteuning aan liefdadigheidsorganisasies

Vir die feesaanbieders is dit ‘n poging om die volgende te doelstellings te bereik:

  • Ondersteuning aan nie winsgewende- en liefdadigheidsorganisasies.
  • Vir ongeveer 30 mense werk te skep vir vyf dae
  • Om mense bewus te maak van sy omgewing en bewaring van die ekologie
  • Die ontwikkeling van waterbewustheid, sekuriteit, dienslewering, vaardigheids ontwikkeling asook die bemarking van plaaslike entrepreneurs asook kunstenaars se produkte.
  • Om 30% van die wins weer terug te ploeg in die gemeenskap wat die voedingsskema en evangelisasie vir minderbevoorregde kinders insluit.
  • Opgradering van fasiliteite van die Vakansie Oord
  • Om die publiek uit groter stede bekend te stel aan die bekoring van klein dorpies in die Noord Kaap.
  • Integrasie sowel as samewerking van verskillende kulture en denominasies

Verder word daar beoog om al die skole, kerke, landboukoöperasies, besighede en instansies in ons munisipale gebied en omliggende area te betrek. Met die beoogde media dekking en advertensie veldtog, wil ons mense van oral oor na ons mooi dorp en omgewing trek. Ons advertensie veldtog strek wyd en sluit van die volgende dorpe in: Bloemfontein, Petrusburg, Koffiefontein, Jacobsdal, Luckhoff, Kimberley, Hopetown, Douglas, Orania, De Aar, Britstown, Hanover,Colesberg ens.

Kunstenaars soos Ray Dylan, Zak van Niekerk, moniQue, Jovan en Thelma, Carla, Fran-Zel en ander opkomende kunstenaars is reeds bevestig vir die fees wat plaasvind 28 – 30 Oktober 2011. Plaaslike skole en kerke se kore gaan ook optree. Vrydag, 28 Oktober, word ‘n Landbou en Buitelug Ekspo deur GWK aangebied. Verskaffers van GWK gaan hul produkte uitstal asook inligtings praatjies sal gehou word aan die boere en belangstellendes. Landzicht gaan hul wyne uitstal met ‘n heerlike wynproe stalletjie.

Daar is al ‘n voorlopige program uiteen gesit waar ons die volgende aanbied:

Bootskattejag, naghengel, jet-ski pretrit, kosmark, kunsmark, fietsry/draf, skietkompetisie, damwal besoeke en baie ander vermaak. Daar gaan ‘n groot kinderafdeling wees met springkastele, waterglybane, kulkunstenaars, narre ens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.