[Wen] Aussie-sirkus in SA

Sirkus

Foto: Verskaf

Suid-Afrikaners wat hou van sirkusse, kan uitsien na ʼn die Aussie-sirkus wat eersdaags in Suid-Afrika ʼn draai kom maak.

Sun International het kragte gespan saam met die vervaardigers van die Great Moscow Circus en Great Euro Circus om die vertoning, AUSSIE: The Australian Circus Spectacular na Suid-Afrika te bring in 2016. Dié produksie is reeds vanaf 12 Februarie aan die gang en sal tot 22 Mei in SA toer.

Dis die eerste keer dat Aussie sy land se grense verlaat en volgens die vervaardigers, sal dié produksie jou mond laat oophang. Die bekende waaghals, Luiz Daza, is ook in Aussie te sien – ʼn man wat nie bang is vir hoogtes nie. Motorfietsentoesiaste sal ook hul asem ophou nadat hulle die Globe of Death ervaar het – ʼn toertjie waaraan vyf motorfietsryers deelneem. Daar is soveel talent te sien en mens sal jou verwonder aan alles wat die mense in dié produksie regkry.

Aussie bied wêreldklas vermaak vir die hele gesin. Dis ʼn moderne, voel-goed sirkus wat met ongelooflike akrobatiese vaardighede en adrenalien-gevulde toertjies spog.

Aussie is op die volgende datums in Suid-Afrika:

  • Windmill Casino and Entertainment World in Bloemfontein     Van 7 tot 17 April 2016
  • The Carousel in Hammanskraal, naby Pretoria                              Van 22 April tot 2 Mei 2016
  • Carnival City se Big Top Arena in Ekurhuleni                                 Van 19 Mei tot 22 Mei 2016

Kaartjies is by Computicket beskikbaar en pryse begin by R200.

Let wel: Die kompetisie is gesluit. Drie Maroela-lesers kan elkeen dubbel kaartjies na AUSSIE wen. Stuur jou naam, van, kontaknommer en posadres en die antwoord op die volgende vraag na [email protected]:  Wat is die waaghals se naam wat in dié produksie te sien is?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.