Wen: Groot op die Gras-fees saam met ma

Grootfm 90.5 bied hierdie jaar met trots die heel eerste Groot op die Gras‑musiek- en leefstylfees op Saterdag 11 Mei by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin aan.

Die Groot op die Gras-fees is die ideale geleentheid om die moeder in jou lewe voor Moedersdag te bederf met die natuurskoon van die botaniese tuin saam met die klanke van kwaliteitmusiek.

Die land se topmusikante soos Die Heuwels Fantasties, Bobby van Jaarsveld, Valiant Swart, Refentse, Howie Combrink, Saarkie, Charlie Finch en Van Wyk Brand gaan vermaak uit die boonste rakke verskaf.

Hierdie fees beloof om ’n dag vol pret vir die hele gesin te bied. Moeders kan rustig kom ontspan en bietjie asem skep in die natuur. Daar is ook ’n biertuin en kosstalletjies vir feesgangers waar hulle ’n verskeidenheid heerlike kos kan geniet. Kinders kan hulle gate uit in die spesiale speelarea geniet.

“Ons eerste Groot op die Gras gaan beslis ’n belewenis wees; een vir die hele familie wat Moedersdag kom vier. Op die musiekfront gaan ons ’n samestelling van die beste plaaslike talent hê wat jou beslis van vroeg tot laat gaan vermaak,” vertel Guy Herman, die feesorganiseerder.

Hekke maak reeds Saterdagoggend om 10:00 oop.

Kaartjies vir volwassenes is vir tussen R80 en R250 beskikbaar en vir kinders tussen R60 en R100. Vir kinders onder 11 jaar is daar slegs ’n R5-besprekingsgeld betaalbaar.

Spesiale BBP-kaartjies is vir tussen R250 en R400 beskikbaar. Tafelbesprekings kan ook gedoen word wat BBP-toegang vir vier gaste, voorkeurtoelating, een standaard bottel met mengeldrankies, en ’n privaat tafel-area bied.

Kaartjies is by: www.lovemusic.co.za beskikbaar.

Wen

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie na die Groot op die gras-fees op 11 Mei by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin wen. Die kompetisie sluit Vrydagmiddag 10 Mei om 12:00.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.