Wen: Juanita, Franja en Ruan Josh weer saam op verhoog

Ruan, Juanita en Franja du Plessis (Foto: Instagram)

Ná die sukses van die immergewilde Kaalvoetkinders-vertonings wat meer as 50 000 konsertgangers gelok het, het Juanita en haar twee uiteenlopende talentvolle spruite, Franja du Plessis en Ruan Josh besluit dat hulle hierdie jaar nog groter wil gaan.

Die Meer as ’n Melodie-produksie word hierdie Saterdag om 19:30 by Carnival City aan die Oos-Rand gehou. Franja vertel aan Maroela Media konsertgangers kan uitsien na ’n groot, eksklusiewe produksie waar die talentvolle Du Plessis-gesin die gehoor sal vermaak.

“Dit is elke keer ’n ongelooflike groot voorreg om ’n verhoog saam met my ma en broer te kan deel. My ma is ’n groot mentor vir ons,” vertel Franja.

Met ’n orkes saam op die verhoog, beloof hierdie produksie om ’n groot kuiergeleentheid vir die hele familie te wees. “Ons wil hê mense moet saam met ons kom kuier en ons as mense ook beter leer ken,” het Franja gesê.

Sy vertel dat hulle saam ’n splinternuwe snit gaan uitvoer wat mense nog nooit vantevore gehoor het nie. “Verder kan oud tot jonk kom deel in die liefde vir musiek met hope treffers van Juanita se bekendste snitte soos ‘Ska-Rumba’ tot ’n paar golden oldies,” vertel Franja. Franja en Ruan se gewildste treffers van hulle nuwe albums kan ook verwag word.

“Op die ou einde wil ons die aand en musiek saam met mekaar geniet en in die proses ook mense se harte aanraak. Ons wil die oomblik inneem en vir die res van ons lewens onthou,” sê Franja.

Kaartjies is vanaf R120 beskikbaar by iTickets.co.za.

Wen

Twee gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die Meer as ’n Melodie-produksie met Juanita du Plessis, Franja du Plessis en Ruan Josh, by Carnival City op 30 Maart. Die kompetisie sluit Donderdag 28 Maart om middernag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

chella ·

Dit klink na die moeite werd
dat een gesin so baie skoonheid en talent kan he
wat n blessing

Linda ·

Ek is bly dat Ruan nie gaan le het na die Wow bankrotskap nie ! Weereens het Pick n Pay cds onttrek agv Steve, ek koop nie by hulle nie !! en in die proses n suksesvolle jong man in die fleur van sy lewe, soos Ruan geknak !!! moenie by Pick n Pay koop nie, jou velkleur mag sommer automaties verander !

Mariana ·

Beslis ‘n Geseënde familie. Sal ‘n voorreg wees om hul drie saam te kan sien.

Karen ·

Die berig se die kompetisie sluit 28 Maart om middernag, maar tog is die kompetisie klaar gesluit?

Anet ·

Ek wil ook weet ………… die kompetisie is oop tot vanaand 12 uur

Hoekom alreeds gesluit ??????????????????

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers.

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig en die kompetisie is steeds oop tot vanaand om middernag. Dus, kan julle gerus nog vir die kompetisie inskryf.

Baie dankie!

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.