Wen: Nádine vertel van spesiale oomblikke in ‘Sneeuwitjie’


Nádine is op die planke te sien as Sneeuwitjie. Foto: Verskaf

Nádine is op die planke te sien as Sneeuwitjie. Foto: Verskaf

Moenie te laat slaap nie! Die immergewilde verhaal van Sneeuwitjie, tans op die planke by Emperors Palace, is net tot 12 Junie te sien.

Sneeuwitjie, wat tot dusver baie goeie terugvoer ontvang het, is sedert 6 Mei op die verhoog. Die hoofrolle word vertolk deur Nádine as Sneeuwitjie, Reynard Slabbert as die prins en Angela Kilian as die nare stiefma.

Nádine het in ʼn vorige onderhoud met Maroela Media gesê dié produksie is een van haar lekkerste projekte nóg. “Dis ʼn ongelooflike lekker rol om te vertolk. Sy is ʼn saggeaarde prinses, liefdevol en vriendelik. Daar is so baie aspekte rondom haar wat interessant is en wat die karakter en die produksie wonderlik maak,” het sy gesê.

Luister wat Nádine te sê het oor die spesiale oomblikke tot dusver en die flaters agter die skerms.

Bespreek by Computicket.

Die kompetisie is nou gesluit: Een leser staan die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na ʼn vertoning van Sneeuwitjie op 4 Junie (eerskomende Saterdag) om 19:30. Stuur jou naam, van, selfoonnommer en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: “Tot wanneer is die produksie Sneeuwitjie te sien?”

Inskrywings sluit 2 Junie om 12:00. Die wenner word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.