Zebrafees

23-24 September 2011

‘n Gesinsdag propvol vermaak in ‘n veilige omgewing, met veilige parkering, heerlike plattelandse kuier en gasvryheid, billike toegangsgelde en iets vir almal. Ja, dis die ZEBRAFEES!

Top kunstenaars soos Anke, Waldo Lotz, Jennifer Zamudio, Jan Visser, Burger, Nic Stevens en ander is maar enkele hoogtepunte waarna Piketbergers en die omgewing se mense kan uitsien wanneer die hekke oopmaak vir die jaarlikse Zebrafees op Saterdag 24 September by Piketberg Hoërskool se sportgronde. Vanjaar se fees sluit die gewilde Boland Superspar Potjiekoskompetisie, Pikkie Braaikompetisie, hope kindervermaak en kaskenade aktiwiteite, kuns- en vermaakstalletjies, ‘n koffiekroeg, biertent en natuurlik hope watertand kosstalletjies in. Toegang is slegs R15 vir skoolgaande kinders en R30 vir volwassenes.

‘n Toevoeging tot vanjaar se fees is die Zebra Pretdraf/Pretstap, ‘n veilige sirkelroete wat toeganklik is vir alle ouderdomme. Vir die minder fikses en jongspan is daar die 2,5km roete, terwyl die meer ernstige drawwers die 5km kan aanpak. Inskrywings is R5 vir kinders en R10 vir volwassenes, en kan by PHS of op die dag van die wedloop gedoen word. Heerlike pryse is op die spel!

Die wins van vanjaar se Zebrafees gaan aangewend word vir die PHS Busfonds.

Navrae kan gerig word aan:
Lynne Liebenberg by 073 265 3396
Berenice Scheepers by 0836677643.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.