10 wenke voor jy ʼn kind se naam kies

Argieffoto (Foto: marvelmozhko, Pixabay)

ʼn Naam is baie belangrik – dis wat mense jou vir die res van jou lewe gaan noem – en dis dus noodsaaklik dat ouers moet seker maak hulle kies ʼn naam wat nie ʼn onnodige geboelie gaan uitlok nie, soos die man Piet Uytebroeck wat ʼn ginekoloog geword het!

Hier is ʼn paar wenke voor jy ʼn kind se naam kies:

Is dit uniek genoeg?
Dis nogal irriterend as mens jou hele skoolloopbaan moet bekend staan as “Emma R.”, omdat daar reeds ʼn “Emma V.” of “Emma D.” is, of selfs nog meer onpersoonlik “Emma 1”, “Emma 2” en “Emma 3”. Dit skep verwarring vir rapporte, om kontak te maak met ouers en so meer. Kies ʼn naam wat uniek genoeg is sodat jou kind ook uniek kan voel.

Is dit “normaal” genoeg?
ʼn Unieke naam is mooi, maar moet dit ook nie oordryf nie. As jy dalk nou jou kind “Prince” of “Beyoncé” noem omdat jy van die kunstenaars hou, gaan dit dalk nie noodwendig dieselfde uitwerking hê as die kind ouer is nie.

Pas dit in by ʼn internasionale konteks?
Moes jy al die naam “Anke” vyftig keer in ʼn ander land spel? Iets soos “Sophie” en “Nina” is name wat, selfs oorsee, maklik sal werk. Hou veral die omgewing in gedagte waar jou kind grootgemaak word – sonder om jou eie taal en kultuur prys te gee.

Het jy al die naam gegoogle?
“Charles Edmund” klink dalk soos ʼn behoorlike Engelse naam, maar as jy dit op Google opsoek, sal jy sien dit is ook die naam van een van Amerika se berugste reeksmoordenaars.

Doen die “speelgrond”-toets
ʼn Naam klink dalk mooi in ʼn wiegeliedjie, maar hoe sal dit klink as jy jou seun of dogter moet roep? Roep ʼn paar keer die naam om te hoor hoe dit klink.

Hoe klink die naam in ‘n verjaarsdagliedjie?
“Veel geluk liewe …” Hoe klink dit naam? Klink dit soos musiek? Sal die maats dit kan saamsing?

Sal die naam die toets van tyd deurstaan?
Elsa was dalk ʼn gewilde naam toe jy Frozen gesien het, maar sal jy oor 10 jaar nog steeds van die naam hou?

Doen die “Starbucks”-toets
Die koffierestaurantgroep Starbucks skryf jou naam op jou beker neer as jy jou bestelling plaas. Hierdie is ʼn goeie toets om ook te kyk of ander mense die naam maklik sal kan hoor. Bel ʼn restaurant vir ʼn bespreking of mompel die naam iewers in ʼn winkel om te kyk wat die reaksie sal wees. Kyk sommer ook hoe jy voel as mense dink dis jou naam.

Laat dit jou aan iemand anders dink?
Name van ekskêrels of iemand op skool van wie jy dalk nie gehou het nie, kan dalk ʼn slegte verbintenis wees met ʼn kind se naam. Dink daaraan voor jy ʼn naam kies.

Rym dit met ʼn liggaamsdeel?
Daar is vinnig grappies as ʼn naam dalk met ʼn liggaamsdeel rym. Moenie net aan die naam dink nie, dink ook aan die kind se voorletters – iets soos K. Bouter kan ʼn groot gelag afgee.

Onthou – jou kind moet lewenslank met dié naam saamleef – maak seker dis die regte een!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Niel ·

interresant… ek gaan vir my ‘n woefie kry.. en nou dink ek aan ‘n naam vir hom. So ek kan dus amper dieselfde konsep volg… hmmm

Annelize ·

Lekker artikel om te lees… Ja party mense dink glad nie, ken ‘n kind wie se naam Sureika Hall is! Arme kind!

EE ·

Lag ek nou kliphard oor Sureike Hall
Ai die sonde, dis baie funny!

Naam en Van.... ·

….MOET bymekaar pas!
Dit help nie jy gee jou kind n cool engelse naam, met regte egte boere van nie….
Tristan Pienaar
Tiago Groenewald
Declan Koekemoer

Antoinette ·

Daar is mense, soos ek, wat nie regtig vreeslik van Afrikaanse name hou nie. Ek en my man beide is oorlas met n klomp van hulle, en wou ook graag weg breek van familie name af.

MJ ·

Ek sit gereeld by gradeplegtighede en luister dan na die voorletters en vanne van dié wat graad kry… in Engels uitgespreek was die voorletters STD nogal iets wat uitgestaan het!

Chantelle Connoway ·

Ek het n droom gehad van n kind wat my roep, ek het nie geweet wie die kind is nie en toe ek by hom kom hoor ek die naam Benjamin, net daarna vind ek uit ek is swanger en Benjamin is gebore, hy word oor n week 6, ek het nie nodig gehad om te dink oor sy naam nie want hy is n geskenk van God en elke dag so blessed met hom,

Hannah ·

Ek glo nogal daaraan dat jy by die HERE moet gaan hoor wat jou kind se naam moet wees… bid daaroor en vra – HY is so getrou – HY sal die regte naam gee. Jou Benjamin het beslis sy naam van HOM ontvang. Maak ook seker wat die naam beteken voordat jy dit vir jou kind gee, sou jy dan nie glo om te vra vir die regte naam.

Giel ·

Ja mense, vat dit van my: daardie laaste wenk in die artikel is ‘n belangrike een!

Basson ·

‘n Paar rand, bietjie toustaan by Binnelandse sake en presto, jy is ‘n nuwe mens!

Anoniem ·

Al wat ek kan se ek is dankbaar ek het nie n familie naam gekry nie

Daan ·

Jy moet seker ‘n vreeslike naam hê dat jy jouself Anoniem noem. Ek is trots op my familie name wat ook oorgedra is na my kinders en kleinkinders

Nettie ·

Ek glo ek het ‘n unieke naam – niemand anders het my naam, met die spelling en regte (Afrikaanse) uitspraak in die hele wêreld nie (en dit is nie Nettie) nie. My naam is die vermenging van twee oumas en een oupa se name. Aan die een kant is ek bly ek het níé die volle familiename, nl. Maria Magdelena Elizabeth Johanna Jeanetta Gezina Christina, gekry nie. Aan die anderkant haat ek my naam elke dag, want mense kan dit nie reg spel of uitspreek nie. Voeg nog daarby ‘n van wat VERSKRIKLIK verkeerd gespel en uitgespreek word, en jy het ‘n resep vir …… moeilikheid.

Nakkie ·

Ah nee ah, maak jy ons net nuuskierig en gee nie die naam nie! My ouma was Paulina Johanna Jacoba – en dan het my oom bygevoeg – Konsertina Kitaar. Nodeloos om te sê, mag my ouers en hulle sibbe nie familiename gegee het nie! En ons het ook daardie roete gevolg.

VanAfrika ·

North en Chicago West gaan net so n verleentheid vir daardie kinders wees.. Probeer met jou Afrikaanse tong North te se en voel hoe voel dit. glad nie gemaklik en normaal nie.

Amber ·

Mense se vanne kan jou ook lelik in die steek laat en dit kan jy nie kies nie.
Pienaar (wie’s naar?)
van Braakel (wie’t gebraak)
Kotze (wie’t gekots)
Maar, Sureike Hall vat die koek!!!

ABRANCHA ·

MY NAAM IS DIE BESTE DAAR IS NET N PAAR NIGGIES MET DIE NAAM EN HULLE HOOR HULLE NAAM NIE BAIE WANT DIT IS BRAAMIE EN EN EK IS NIE SKAAM OM VIR MENSE TE SE MY NAAM IS ABRANCHA NIE

Marlene ·

Wil gou julle raad he:

Ek is nou 4 maande swanger en die naam waarop ons besluit het is

Ruben ons van is “Van den Berg”,

My man is die eerste “Kind” wat n seun kry sy broer het n dogtertjie en sy sussie tel nie regtig invm die voortgaan van die Familie nie want sy is getroud en het nou n ander “van”

Met dit ingedagte en omdat hy die eerste seun is moet hy die middle familie naam kry “Charles” my man se Middel naam is ook “Charles” (Ek weet dit hoef nie so te wees nie maar ons verkies dit so en Familie is nogal n belankrike factor vir ons)

On seun gaan RC Van den Berg Wees, Maar mens gebruik nooit die middle naam nie dis altyd net vir die “papier werk”

Wat dink julle van dit, voldoen dit aan die kriteria?

Nico K ·

Name gee is maar elkeen se eie keuse. Maar ek self hou nie daarvan as pa en seun dieselfde name het nie. En as jy wil, verander dan nie noem naam. Ek ken ‘n Stephanus, maar hulle noem hoem Faan. Helle seun is ook Stephanus en hulle noem ook Faan! Mens kan tog baie van Stephanus maak.

ai ·

Casper het ‘n vreksnaakse insetsel oor die storie gehad jare gelede by een van sy vertonin gs. Hy het toe ook gespot en gesê so as jou pa in die bank werk dan is jy bv Eskalasie Havenga. Nee mense ai, die vreemdste name en dan by Afrikaanse vanne. Dis net erg en die arme kinders. Wat van Gwynneth Paltrow wat se kind Apple heet? Ag nee almal gaan daai kind terg en boelie en spot oor so simpel naam. Vir my die grap van die eeu is sangeres/afrigter van The Voice (VSA) Gwen Stefani wat haar een kind ZUMA genoem het!! Seker vreeslik koel geklink min wetende dis die naam van die grootste en korrupste skelm in SA! Op skool was ‘n meisie saam met my wat ge-bless was met die name Gerhardus Naomi – pa wou ‘n seun hê om oupa te vernoem. Jare later kry hul toe wel ‘n seun en is hy toe OOK Gerhardus (darem nie Naomi by nie haha!). Altyd jammer gevoel in begin van die jaar as jy jou naam in die klas by nuwe onnies moet sê en sy al blosende haar name sê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.