11-jarige eet en eet en eet … om pa se lewe te red!

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

Lu Zikuan (11) van Xinxiang in China moet gewig optel sodat hy ʼn beenmurgoorplanting kan ondergaan vir sy pa, wat sewe jaar gelede met leukemie gediagnoseer is.

Zikuan eet nou minstens vyf maaltye per dag om die nodige gewig op te tel. Dokters het gesê hy moet minstens 45 kg weeg voor hy ʼn skenker mag word, en die ideale gewig is 50 kg.

Toe die gesin die nuus gehoor het, het hy slegs 30 kg geweeg.

Sy pa, Lu Yanheng, ontvang steeds behandeling, maar sy toestand het sedert verlede jaar Augustus begin versleg en hy moes ʼn bloedoortapping ondergaan. Sy enigste langtermynopsie is ʼn beenmurgoorplanting en Zikuan is die geskikte skenker.

Die 11-jarige weeg tans reeds 43 kg en hy eet hoofsaaklik vetterige vleis met rys. Sy ma maak staat op afslagvleis van die kruidenierswarewinkel waar sy werk.

Zikuan se maats het hom oor die gewigstoename gespot en hom “pangzi” (vettie) genoem, het sy onderwyser, Zhao Meng-meng, gesê. Hulle het dit dadelik gestaak toe hulle hoor hoekom Zikuan so vasberade is om gewig op te tel.

Die seun sê hy is nie kwaad omdat hy “vet” genoem word nie. “Red eers vir pa, verloor die gewig later,” het hy aan plaaslike media gesê. Sy skool is ook besig met ʼn fondsinsameling om die gesin te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers

Dankie vir julle kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet inderdaad “rys” wees. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Maria ·

Mooi storie dankie Maroela al maak mense so opmerking oor spel foute. Almal kan verstaan genade!

bea ·

Hulle wil altyd kla oor spelling maar gaan kyk hoe word daar gespel op FB jy kan nie eens uitmaak wat mense probeer se nie!

Diefie ·

Wow, wat ‘n pragtige daad is dit nie. Mag dit suksesvol wees. Is lekker om positiewe berigte te lees. Met oepsies en al. ☺☺☺ En sê dit met ‘n tong in die kies.

Hendrik ·

Wel gedaan jong seun. Ek kan jou baie raad gee oor gewig optel, ek weet hoe :-)

Eet meer brood, stysel en suiker drankies – mens word NIE vet van vet eet nie, stysel maak jou dik.

Sonja ·

Ja-nee, ek kan wat Hendrik sê beaam, voeg net daarby koek, tert en poeding en hy het n wenresep vir optel om nie te praat van snacks voor TV na 9 in die aand nie. Wens net om gewig te verloor was so maklik. Hierdie pa is seker so trots op sy seun om so iets vir hom te doen, hoop die seun bereik sy doel vinnig vir sy pa se onthalwe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.