12-jarige bel polisie twee keer – oor slaai

Argieffoto (Foto: katjasv, Pixabay)

ʼn 12-jarige seun van Nova Scotia in Kanada het die 911-noodnommer twee keer gebel omdat ʼn ouer vir hom ʼn slaai gegee het om te eet waarvan hy nie gehou het nie, aldus die polisie.

Kpl. Dal Hutchinson, van die Royal Canadian Mounted Police, het bevestig beamptes het omstreeks 22:00 die eerste oproep gekry. “Nog voor hulle by die huis kon opdaag, het hy wéér 911 gebel om te vra wanneer die polisie daar sal wees en het weer sy misnoeë oor die slaai uitgespreek,” het hy verduidelik.

“Beamptes het met die seun gesels toe hulle by die huis opgedaag het om vir hom te verduidelik wat kwalifiseer as ʼn noodoproep.”

Hutchinson het die voorval as ʼn geleentheid gebruik om alle ouers te herinner om soortgelyke gesprekke met hul kinders te hê. “Alhoewel baie mense soms kan vereenselwig met ʼn afkeur in slaai, roer dit die belangriker kwessie aan van onbehoorlike gebruik van ʼn noodnommer,” het hy bygevoeg. “Die onbehoorlike gebruik van 911 is ʼn kwessie wat met alle ouderdomsgroepe bespreek moet word, omdat waardevolle hulpbronne misbruik word en dit verhoed dat beamptes ware noodgevalle kan hanteer.”

Hutchinson het nie gesê watter tipe slaai die seun só ontstel het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.