14de seun vir dié egpaar

Die gesin voor hul huis in Grand Rapids, Michigan (16 Februarie 2018). Die 18-jarige Brandon is nie op die foto nie. (Foto: Casey Sykes/The Grand Rapids Press via AP)

Hulle was vol verwagting dat dit dalk ʼn dogter gaan wees, maar toe is dit nóg ʼn seun …

Jay en Kateri Schwandt se seun is verlede week Woensdag gebore. Jay sê hulle het besluit om hom “Finley Sheboygan Schwandt” te doop. Hy verduidelik die naam kom uit ʼn verhaal wat sy skoonpa hom vertel het oor ʼn Indiaanse stamhoof wat ook baie seuns gehad het. Hy het vas geglo sy laaste kind sal ʼn dogter wees. Maar toe dié baba ook ʼn seun was, het die stamhoof hom “Sheboygan” gedoop, vir “she is a boy again”.

Jay sê “daar is nie ʼn manier” dat hulle nog ʼn kind sal hê nie, alhoewel hy dit vantevore ook al gesê het.

Die egpaar woon in Rockford, noord van Grand Rapids. Hul oudste seun is in sy 20’s.

Kateri is self een van 14 kinders.

ʼn Dokumentêre fliek oor die gesin sal in Junie deur die Lifetime Network uitgesaai word.

V.l.n.r. die broers Francisco (2), Tucker (4), Luke (6), Charlie (8), Gabe (11), Wesley (9), Calvin (13), Drew (20), Tommy (16) Zach (22), Vinny (15) en Ty Schwandt (25). Brandon (18) is nie op die foto nie. (16 Februarie 2018) (Foto: Casey Sykes/The Grand Rapids Press via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jonah ·

Julle kan nou maar ophou. Ek kan nie dink wat moet so baie kinders kos nie .. genade, sal hulle almal darem ‘n education kan kry? Stop asb nou!

Amelia ·

Ek kan verstaan dat mense hou van kinders, baie kinders, genoeg kinders. MAAR wie sorg vir dai baie kinders? Reriggggggg

Gesiggie ·

Sjoe nee,,,, ken hierdie mense nie iets soos genoeg”’ hoe in vandag se lewe n mens vir meer as een kind kan sorg weet ek nie? dit sou nou nice gewees het as dit n dogter kon wees 13 broers wat haar sou beskerm…,maar lyk my jul is gemaak vir net seuns …. Een groooot familie… en die Ma lyk nog so jonk…

Johann ·

Om die groot denker Groucho Marx te parafraseer: “Kyk, ek hou baie van my pyp, maar ek haal dit darem so af en toe uit my mond uit. “

humor ·

Baie maklik. Die man is dalk baie welaf anders sou hy mos nie daarvoor kans gesien het nie. Dit kan wees dat daar n spanpoging ontstaan en dat die oudstes vir die jongeres sorg. Onthou hulle woon nie in SA met al sy geplunder en rooftogte nie en daarby met n belastinglas wat miljoene aan die lewe hou nie. Sonder ons medewete sorg ons dalk vir meer kinders as hierdie egpaar. Goeie voorbeeld Solidariteit ons kan moontlik die groot partye in die toekoms uitstem.

JEN ·

Ek sien nerens in die artikel dat hul enige iemand vra vir bydraes om die gesin finansieel te ondersteun nie so ek verstaan nie lekker waaroor kla almal oor hoeveel dit moet kos nie…

Jane ·

Wel baie kinders maak meer moete bir die ouers, maar wie se jy moet n Tv he, of n kammer vir elke kind. Mense hanteer kinders soos n besitting en nie as n geskenk van god nie. En as jy eendag oud is het jy baie on na uittesien en hoef nie alleen in n ouetuis te sit nie of erger in n plakkerskamp omdat jou enigste kind nie kan vir jou sorg nie.

Liezl ·

Tel ek nou verkeerd, ek sien op albei foto’s net 12 seuns

Jannie ·

Hulle is soos Steve dit stel besig met die wit aanwas, die ma lyk nog jonk hoop daar kom nog vele. Hulle sal moet roer om vir Zuma te vang.

Marinda ·

Onthou die boere het ook destyds so baie kinders gehad. Alhoewel in baie gevalle nie al hulle kinders dit tot groot mens stadium gemaak het nie. Gaan vra maar bietjie julle oumas en oupas.

In elk geval, hierdie paar bly in Amerika. Lewe daar is anders.
Drie van die kinders is al mooi groot. Kan na hulle self kyk.

Ek wonder hoe vier hulle die verjaarsdae van die klomp?

Sien uit na die dokumetêre fliek oor hulle. Hoop ons kry dit hier te sien ook.

Valerie ·

Nog net een seun, en dan kan hulle ook aan die Super Rugby reeks deelneem.

Nettie ·

Nee … hulle sal nie kan nie; want teen die tyd wat die jongstes rugby-gereed is, is die oudstes al te oud daarvoor!

Katerina ·

Wel hulle kan it seker bekostig,hulle lyk nie vodde-armoedig nie. En in Amerika is kos BAIE baie baie goedkoper as hier. Petrol ook,motors ook,klere ook,huishouelike ware,selfone, speelgoed, Alles. Al waarmee die “average” Amerikaners sukkel is mediese sorg,it is baie duur. Maar hulle lyk baie gelukkig,so ek dink die ouers kan dit bekostig,en hulle lewe seker nie soos koninklikes nie.As mense nie elke nuwe “gadget” van die duurste wil he,en elke dag eet asof it jou laaste maal is nie,kan jy nogal regkom in Amerika,selfs met n groot gesin. Eks stel my voor klere is ook deur vele boeties gedeel. Al my 12 jarige seun se oulike klere word gehou vir my ouste dogter se tweeling seuntjies ,al wat ek nie hou nie is sy gunsteling items wat hy vodde gedra het.

honourable member ·

Sjoe ek wil nou nie negatief wees nie maar ek twyfel sterk of daar ooit n meisie gaan wees so julle kan nou maar ophou probeer.

God alleen gee kinders ·

Mense het ons geen idee hoe ver ons van God af leef nie. Wie sorg vir hulle – God doen. Children are a GIFT from the Lord, they are a REWARD from Him. Children born to a young man are like arrows in a warrior’s hands. How JOYFUL is the man whose quiver is full of them! He will not be put to shame when he confronts his accusers at the city gates, dis Psalm 127 gaan lees dan Psalm 128 en kyk wat word daar gese. Mag ons vergifnis vra vir hoe ons begin kyk het na kinders vir ek moet as ouer sorg vir hulle ens, ons het vasgevang geraak in ons eie selfsugtigheid en eie plesier. God se dis Sy kinders wat Hy leen vir ons sodat Hy uit ‘n huwelik godly kinders kan kry wat Hom dien, Malachi 2:13-16. Sodra jy in volle oorgawe en obedience begin leef teenoor God dan gee Hy kinders sonder dat jy dit eers beplan het. Hierdie is net nog ‘n voorbeeld hoe lief Hy almal het selfs die wat Hom nie altyd dien nie roep Hy nogsteeds sodat ons geen verskoning voor Hom sal he nie. Sy goedheid wys Hy altyd al is ons vasgevang in ons eie wereld en ver van Hom. Daarom moet ons bid vir die hoeveelheid jong egpare wat vandag konstant inplantings moet doen en nie kan swanger raak nie, want wat leer ons ons kinders – ons manier of God se waardes?

VanAfrika ·

As julle genoeg naslaan sal julle lees dat die blankes lewe op distinction, ons is besig om uitgemoor te word of besig om uit te sterf omdat ons die geboorte beperking motto ingebring het. In Amerika het hulle ook die koepon sisteem. Met genoeg koepons in daardie vrouens se hande loop hulle met drie trollies kruideniers ware verniet huis toe. Probeer dit in SA en jy betaal jou ore van jou kop af en meer om met drie trollies huis toe te gaan.

Frans Zeelie ·

Dit is welgedaan vir ‘n Amerikaanse familie. Ek is bevrees ek dink nie ons sal gou weer so iets in Suid-Afrika sien nie. Die omstandighede hier is net te “onwelkome” vir enige ouer om nog soveel kinders te wil he. Behalwe vir geld, is die politiese atmosfeer nie so dat mens so baie kinders in Suid-Afrika wil “vry stel” nie. Wel, nie Afrikaners nie. Miskien werk dit vir ander volke… Dit is jammer, want ek sou ook sommer 4 of 5, of selfs 6 kinders wou hê. Tans nie eens een nie…

Waarheid ·

Ek is geseën met drie seunmanne dis ‘n ma se trots dis hoekom sy so jonk vertoon. Glo hul gaan die volgende ook net indien nie méér liefhê, hoe meer ‘n mens liefde gee hoe meer ontvang jy weer, van die SKEPPER om uit te deel “nevermind” die koste. Seuns is báie goedkoper as meisies.

Annie ·

Ek het een seun van 18. Meer as genoeg vir my dankie. Maak my alreeds mal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.