Instagram verklap 10 gewildste bestemmings

Het jy al ooit ʼn foto op Instagram geplaas van jou gunstelingbestemming? ʼn Lys van bestemmings wat die meeste in 2016 afgeneem is, is deur Instagram vrygestel. Was jy al hier gewees?

  1. Vystavka Dostizheniy Narodnogo Khozyaystva

Ons gaan dit nie eens probeer uitspreek nie, maar dié pretpark in Moskou, Rusland, is tiende op die lys van bestemmings wat die meeste ge-“instagram” is.

Foto: independent.co.uk

Foto: independent.co.uk

  1. Die Brooklyn-brug

Dié brug is alombekend en word in New York in die VSA aangetref. Dit is ook een van die oudste brûe in die VSA.

Foto: independent.co.uk

Foto: independent.co.uk

  1. Santa Monica-hawehoof

Jy sal dié speelplek in Kalifornië in die VSA kry – dit is reeds 100 jaar oud.

Foto: independent.co.uk

Foto: independent.co.uk

  1. Las Vegas

Nie alles wat in Las Vegas gebeur, bly in Las Vegas nie – veral nie op Instagram nie. Hierdie gewilde bestemming is ook in die VSA te sien.

Foto: independent.co.uk

Foto: independent.co.uk

  1. Die Louvre-museum

Dit is nie net die kuns binne die museum wat afgeneem word nie – dié pragtige gebou in Frankryk kry ook darem erkenning.

Foto: independent.co.uk

Foto: independent.co.uk

  1. Die Eiffeltoring

Ons is glad nie verbaas om hierdie bekende landbaken op die lys te sien nie.

Foto: independent.co.uk

Foto: independent.co.uk

  1. Times Square

ʼn Mens sien dit gereeld op televisie en in rolprente, maar dit bly steeds ʼn indrukwekkende deel van New York.

Foto: independent.co.uk

Foto: independent.co.uk

  1. Central Park

Daar is talle Amerikaanse besienswaardighede op die lys, maar Central Park is welverdiend.

Foto: independent.co.uk

Foto: independent.co.uk

  1. Universal Studios

Daar is heelwat van dié stelle in die VSA te sien en daarom ook die rede waarom dit die tweede plek verower het.

Foto: independent.co.uk

Foto: independent.co.uk

  1. Disney-pretparke

Hoewel daar verskeie Disney-pretparke oor die hele wêreld is, is dit veral die takke in die VSA wat die meeste ge-“instagram” word.

Foto: independent.co.uk

Foto: independent.co.uk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.