21 goeddoen-dade vir haar 21 jaar

Alexa Sexton. Foto: Facebook

Alexa Sexton. Foto: Facebook

ʼn Jong vrou van Tennessee in die VSA het besluit om haar 21ste verjaardag te vier met 21 gebare van goedgesindheid jeens ander.

Die Bristol Herald Courier berig Alexa Sexton het op 25 April haar mondigwording gevier deur in haar tuisdorp, Bristol, iets vir ander te doen. Volgens Sexton het sy as ʼn bedorwe brokkie grootgeword, maar haar uitkyk op die lewe het sowat ʼn jaar gelede ingrypend verander. “Ek het my laat groot doop en my hele ingesteldheid het verander,” het sy gesê.

Sexton het haar verjaardag afgeskop deur vir haar ma ʼn geskenk te gee. Sy en ’n paar vriende het die res van die dag welwillend teenoor ander opgetree. Hulle het onder meer kos gevat vir mense in die wagkamer by ʼn plaaslike hospitaal, saam met pasiënte gebid en ontbyt gevat vir brandbestryders by die brandweerstasie.

“Ek het my lewe vir God gegee en Hy het my hart verander. Ek glo dat ek op die aarde geplaas is met ’n doel en ’n groot deel daarvan is om mense te inspireer om goedgesind teenoor ander te wees,” het Sexton gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Nou dis nou sommer ‘n bak idee! Dink nou as elkeen net IETS doen soos die, hoe dit die wêreld sal verander. Ek kan self ook sê NIKS laat mens lekkerder voel as om te gee nie – hoe klein ookal dit is wat jy gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.