3 200 jaar oue swaard in Spanje gevind

Die swaard wat in Majorka gevind is (Foto: Diario de Mallorca)

Argeoloë het per ongeluk op ʼn 3 200 jaar oue swaard op die Spaanse eiland Majorka afgekom.

Die swaard, uit die Bronstydperk, is naby ʼn megaliet (reusesteen) gevind wat deur die geheimsinnige Talaiotiese kultuur wat tussen 1 000 en 6 000 v.C. op Majorka en Minorka floreer het.

Die span het die ligging voorberei vir ʼn museumperseel toe twee argeoloë ʼn klip opgetel en iets in die grond opgemerk het. Hulle het versigtig die modder en grond rondom die voorwerp verwyder en op die swaard afgekom.

“Dit was ʼn groot verrassing. Ons het nie verwag om enigsins so iets te vind nie, want die gebied is reeds uitgegrawe,” het een van die hoof argeoloë, Jaume Deya, gesê.

Die megaliet is al in die antieke verlede geplunder, onder andere deur Romeine, en deeglike opgrawings is in die 1950’s gedoen, so niemand het verwag om enige ander artefakte te vind nie.

Buiten die punt wat afgebreek het, is die swaard in ʼn goeie toestand. Die span vermoed dit dateer uit ongeveer 1200 v.C.

Slegs ongeveer 10 soortgelyke wapens van die Talaiotiese kultuur is tot dusver gevind, hoofsaaklik deur boere en bouers wat per ongeluk daarop afgekom en dit aan owerhede oorhandig het. Kenners kan dus nie die artefakte behoorlik navors nie, omdat hulle nie weet presies waar en hoe dit gevind is nie.

Die swaard sal na verwagting binnekort in die Museum van Majorka uitgestal word.

Lees meer: Ancient Origins

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DeVill ·

Dink net ek grawe agter in my erf en kom af op so ‘n artefak van ‘n vorige ontwikkelde beskawing….oja ek bly in Afrika…ag wat ons mag seker droom!

Vlakvark ·

Gaan net potte kry. kos maak en bier drink is al wat hier in Afrika gebeur het. Niks het verander nie

Frank ·

Man, lyk nie of die ding eers roes op het nie. Lê nogals in modder. Wanneer was die Stainless tydperk nou weer???? Ai tog, die manne met die datums…

BC ·

Wat my die meeste verbaas is dat iemand nog nie die Bybel en tydlyn daarvan opgebring het om die ouderdom van die swaard te bevraagteken nie.

Mo ·

Moenie verbaas wees nie, dink die meeste mense het dit klaar uit-gefigure

Swanna ·

BC jy neem so die woorde uit my mond. Ek bevraagteken dit want dit moet na Nebukadnesar in die boek Daniel tyd gewees het en dit is die bronds tydperk en Nebukadnesar was die goue tydperk. So ek weet nie so lekker van 6000 jaar nie. Wat sê jy BC

pot snert ·

ag asseblief ek tel n klip op en se hierdie klip is tien duisend jaar oud ag loop speel man

Cherokee ·

Solank daar net nie woorde ‘Made in Hong Kong’ opgespoor word nie.

Frank ·

Of as daar iets in die argiewe opgeteken staan wat dit wel dateer na ‘n spesifieke tyd. Anders GOOI hulle net die nulle. En as hulle baie onseker is, net nog meer nulle.

Lood Kurkprop ·

.
.
Soos die Romeinse swaard wat in Amerika gevind is ,dit het Roomse inskrywings op die eenkant…en op die ander kant n gegrafeerde dinosaurus…dit is 3500 jaar oud volgens muntstukke en ander items wat saam dit gevind is….wonder hoe het die Romeine van die groot drake geweet as niemand een lewendig gesoen het nie….of het hulle?

.
.

Logika ·

Die oertyd is vol stories van drake, van die ooste tot die weste. Ek is nie verbaas dat ‘n romein ‘n draak op sy swaard sal grafeer nie. Dat hy gevind is in amerika is ook nie vir my snaaks nie. Enige kultuur vanaf Frankryk tot Spanje kon die swaard met die oer oue muntstukke Amerika toe geneem het as souvenirs…

Logika ·

Nes die moderne mens fossiele opgrawe so kon oertyd mense soos die Romeine ook fossiele opgrawe. As ek my in ‘n Romein se skoene sit en grawe ‘n skedel op wat groter is as my donkie of os sal ek ook ‘n draak grafeer op my swaard…

Logies ·

Stories van drake was die oertyd vol vanaf die ooste tot die weste. Ek is nie verbaas as ‘n romein ‘n draak op sy swaard gegrafeer het nie. Nie vir my snaaks dat dit in Amerika is nie. Enige westerse kultuur soos Frankryk of Spanje kon die swaard en muntstukke saam met hulle gevat het amerika toe as souvenirs…

Logika ·

Aangesien die swaard uit die bronze tydperk is en nie die yster tydperk nie kan ons verneem die swaard is bronze en bronze roes groen/silwer. Dit kan gesien word in die foto. Die mens het vir eeue lank dinge deeglik dopgehou en die veranderinge van tyd. Dit is dus baie maklik om te bepaal hoe oud ‘n boom, hout, bronze, yster, klip, grond ens is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.