30 000 hamburgers later …

Donald Gorske en sy 30 000ste Big Mac-burger

Donald Gorske het ʼn wêreldrekord opgestel toe hy 30 000 McDonald’s Big Mac-burgers verorber het.

Gorske het Vrydag die rekord in Wisconsin, VSA opgestel en was omring deur sy vriende en familie toe hy die 30 000ste McDonald’s-burger geëet het. Hy het al minstens twee van dié Big Mac-burgers per dag sedert 1972.

Hy bêre boonop die boksies, kwitansies en omhulsels as bewyse.

“Toe ek die eerste keer ʼn Big Mac gehap het, was dit die beste kos wat ek nog ooit geproe het. Ek het geweet ek gaan elke dag een eet!” het hy gesê.

Donald se naam is ok in die Guinness-wêreldrekordboek opgeteken en hy is ook in die fliek Super Size Me te sien.

Ná sy rekord Vrydag het Donald gesê hy sien klaar uit na die volgende mylpaal en hy is nie van plan om binnekort op te hou nie. Hy het almal ook gerusgestel – daar is niks fout met sy gewig of cholesterolvlakke nie – om die waarheid te sê, hy het 2.2 kg verloor sedert sy laaste rekord!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

anti-MCDonalds ·

….oh jinne ek dink nie dit kan gesond wees nie…never mind die gewig. :-(

Kal ·

Well done!! Ek self is stout vir n BigMac en BK. En die mense wat so gal afgaan, ek weet julle is perfek, en drink nie eens gaskoeldrank nie, eet niks behalwe die gesondste kosse nie. Hy is inteendeel in beter shape as die helfde van dik SA.

D P J ·

1. Wie het die telling by gehou???
2. Mense die Donald het nie al die humbergers op een dag geëet nie maar oor jare.
3. So dit kan nie te ongesond wees nie.
4. Gun die man sy plesiertjie jy het nie daarvoor beyaal nie.

Anoniem ·

Og, ek sal BETAAL om nie elke dag ‘n Big Mac te hoef eet nie…

John ·

En die 1972-haarstyl het ook net daar vasgesteek… Is burgers nie dalk sleg vir die brein nie?

Basson ·

Nie regtig veel van ‘n verskil tussen 30k hammies en mense wie elke dag die ekwivalent aan snye brood ens eet oor die tydperk? Dit bly maar stysels, dalk bietjie protein ens wat net in hamburger formaat ‘verpak’ is.
(Vinnige sommetjie : 4 snye brood per dag = 1460 snye / jaar = 29200 snye oor twintig jaar)

Apie Tweebal ·

Aai, aai maar Kal is n slim persoon, seker sy ma se slimste kind.

honourable member ·

Nee wat Mcdonald burger doen dit glad nie vir my nie. As ek nou moet so baie burgers eet sal dit verseker Steers wees.

Ek haal eerder die splinter uit my eie oog ·

@Kal, Briljant gese… haha, dan kry jy die oorgewig ouers in winkels wat hulle kinders vol coke, roomys en chips stop. Gewoonlik die wat vinnig iets oor ander te se het.

@Koos, Pragtiger as jou Naam HAHA

@Aapie Tweebal, beslis sy Ma se slimste… Rerig het jy nou regtig vir jouself daardie bynaam gegee, of was dit jou Ma…

Mnr Donald well done, maak ons trots met nog 30 000 burgers en ASSEBLIEF hou jou HARE so…. Jy is wie jy is… Kort Hare, Lang Hare, Mc Dondalds of Slaai….

WIE IS EK OM TE OORDEEL!!!

Annie ·

Mmmm sal nie mind vir so ou burgertjie op hierdie oomblik nie. Moet nog gaan staan en iets uitdink vir aandete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.