40% Japannese slaap minder as 6 ure per nag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Rekordgetal 39,5% van inwoners in Japan slaap minder as ses ure per aand, volgens ʼn jaarlikse opname deur die ministerie van gesondheid.

Manlike respondente skryf hul kort slaaptyd toe aan werk en gesondheid, terwyl vroue hul werk en verpligtinge by die huis as rede aangevoer het vir hul slaapgewoontes, het die 2015 Nasionale Gesondheid- en Voedingsopname bevind.

Die grootste hoeveelheid manlike en vroulike respondente het aangedui hulle slaap gemiddeld tussen ses en minder as sewe ure per dag. Die getal persone wat minder as ses ure per aand slaap, neem ook toe. Dit was 28,4% in 2007.

In antwoord op die vraag wat hulle sal help om meer te slaap, het mans tussen 20 en 50 jaar oud gesê “minder werksure”. Vroue in hul 20’s het gesê hulle moet hul selfoongebruik afskaal en nie teksboodskappe of speletjies speel voor hul bed toe gaan nie. Vroue in hul 30’s het aangedui ondersteuning om hul kinders groot te maak en vroue in hul 40’s het gesê indien iemand hulle met huishoudelike take kan help, sal hulle meer kan slaap.

Persone (mans en vroue) ouer as 60 het aangedui dat hul gesondheid die rede is vir min slaap.

Volgens die ministerie beteken dit ʼn oplossing moet gevind word vir ʼn balans tussen werk en lewe en om huishoudelike take te verdeel.

Die opname is in November gedoen en die uitslag is Maandag bekend gemaak. Geldige antwoorde is van 3 507 uit 5 327 huishoudings gekies.

Lees meer: Mainichi, The Independent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tiaan ·

Dit gaan maar dieselfde hier in Suid Afrika, moet maar werk om kos op die tafel te sit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.