67-jarige word weer ma

Tian (67) het geboorte geskenk aan ‘n babadogtertjie

Sy lyk dalk soos ʼn ouma, maar ʼn 67-jarige vrou in China is vermoedelik dié land se oudste ma toe sy geboorte geskenk het aan ʼn gesonde babadogtertjie.

Die vrou, slegs bekend as Tian, het Vrydag haar bondeltjie vreugde verwelkom by die Zaozhuang-kraaminriging. Klein Tianci (“geskenk uit die hemel”) is met ʼn keisersnee gebore en sy het 2,56 kg geweeg.

Tian, ʼn afgetrede dokter wat by dieselfde hospitaal in Shandong gewerk het, het natuurlik swanger geword ná sy tradisionele Chinese vrugbaarheidsbehandelings geneem het, het ʼn woordvoerder van die hospitaal gesê.

“Ons was baie gelukkig, gegewe dat die ma al ouer is en ʼn verskeidenheid komplikasies gehad het tydens die swangerskap,” het Liu Chengwen, hoofgeneesheer, aan die openbare uitsaaier CCTV Plus gesê.

“Toe ons die ma se voortplantingstelsel ondersoek het, het ons bevind dat sy, in teenstelling met ander vrou in hul 60’s, nog eierstokke het wat vergelyk kan word met vroue in hul 40’s. Dit is waarskynlik een van die redes waarom sy natuurlik swanger geraak het.”

Tian en haar man, Huang (68), is vermoedelik die oudste paartjie in die land wat natuurlik swanger geraak het, aldus CCTV. Hulle het in Mei gehoor Tian is swanger toe sy ʼn roetine-ondersoek ondergaan het.

Tian het aan die Jinan Times gesê sy wou aanvanklik nie voortgaan met die swangerskap toe sy gehoor het sy is swanger nie. Die egpaar het reeds twee kinders, waaronder ʼn seun wat gebore is voor China sy een-kind-beleid ingestel het.

Sy het egter verskeie komplikasies gehad tydens haar swangerskap, onder andere erge pre-eklampsie, hartversaking en abnormale lewer- en nierfunksie, en daarom het dokters op ʼn keisersnee besluit.

Die wêreld se oudste ma is waarskynlik die 74-jarige Erramatti Mangayamma van Indië wat verlede maand geboorte geskenk het aan tweelingdogtertjies, ná in vitro-bevrugting (IVB).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Mary ·

Ai hoe lag ek nou vir jou !! Duidelik het die Tante nie aan hoofpyne gely nie….

Jiem ·

Nou hoekom mag die pa nie orig wees nie? Hy’s nou eers 68 en kan nog.

christine ·

Ek stem orige ouvrou op daai ouderdom kind kry sy moet nou ouma wees nie ma op daai ouderdom,ek hardloop weg

Ekke ·

Ag nee regtig. Op 67 ma word, nee wat spaar my dit, sy sien kans vir baie. Of gaan een van haar veel ouer kinders die baba’tjie groot maak. Haar man is baie vrugbaar op ‘n rype ouderdom, of het sy jonger man?

Potjie ·

@Ekke…hoekom moet owerspel altyd n gedagte wees? Wanneer twee mense mekaar respekteer en bemin, is die liefdesdaad n mooi gebaar. Wanneer twee gesonde mense spontaan reageer en n kind word verwek, op wat ookal ouderdom, is daar onder die son niks fout daarmee nie.

Tannie ·

Klink nie of dit beplan was nie. Nogtans is ek bly sy het nie ‘n aborsie gedoen nie, alhoewel sy dit oorweeg het.

So bly dis nie ek nie! Ek vlug die berge in…..

Potjie ·

Wat ñ blessing. God gee lewe. Dit was Sy Wil. Die dame kan nog 100 jaar oud raak. Die oosterse nasie raak baie oud dan is hulle nog perdvris en sterk. Genoeg tyd om ñ kind mooi groot te maak. Baie geluk van my kant af. Daar is so baie mense wat graag ñ kindjie sou wou hê en wanneer ñ lewe geskep word, is dit goed.

Sophia ·

Volgens die berig het sy tradisionele Chinese vrugbaarheidsbehandelings geneem, dan het sy mos beplan om swanger te word??? Hoekom agterna ‘n aborsie oorweeg, of is hierdie ‘n bemarkings foefie vir die produk??

Lizelda ·

Nee wat as enkelouer my lewe lank geniet ek d wete my kinders is groot en gaan goed met hulle. So hou verby!????

wielie ·

Tannie ,,,het jy nie gehoor van hekel of brei nie??? Kyk eerder TV.

Pensioenaris ·

Seker bly sy naby n trein spoor waar die trein elke uur verby kom. Glo daar is nog treine in China en ooievaars. Hier ontspoor die treine en die ooievaars is uit geroei.

VanAfrika ·

Ek is 55 en as ek nou swanger moet raak gaan ek al my krag gebruik en my beste probeer om van pregnant boep af weg te hardloop.

Hierdie ou tannie gan 75 wees dan moet sy die kind by graad een in skryf, behoede my.

Lizelda ·

Nee wat as enkelouer my lewe lank geniet ek d wete my kinders is groot en gaan goed met hulle. So hou verby!????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.