‘n Sewejarige seuntjie het sy hele lewe binne vier gebeure op ‘n tydlyn aangedui.
Huffington Post, wat daagliks ‘n “oulike nota van ‘n kind” oplaai, het Joshua se tydlyn as een van die bestes gekies. Sy volledige tydlyn is soos volg:
2005 – Ek is gebore
2009 – Ek was in die kleuterskool
2010 – Ek het ‘n oliebol geëet
2013 – Ek het ‘n tydlyn opgestel