80ste huweliksherdenking: Hier is die resep vir ʼn gelukkige huwelik

Rowland en Isabel Bromley Foto: Leicester Mercury

Rowland en Isabel Bromley Foto: Leicester Mercury

Rowland en Isabel Bromley van Leicestershire in Engeland het onlangs hul 80ste huweliksherdenking gevier.

Die twee het mekaar in 1929 ontmoet en hulle het op 14 Julie 1934 trou gesweer aan mekaar.

Isabel (97) het aan die Leicester Mercury gesê sy reken die resep vir ʼn lang huwelik is gee en neem en Rowland (100) het geskerts die antwoord is om altyd saam met jou vrou te stem.

Die egpaar het 6 kinders, 18 kleinkinders, 28 agterkleinkinders en 1 agter-agterkleinkind.

Klik hier om ʼn video van die twee te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marelize ·

Die opskrif van die berig: resep vir ‘n gelukkige huwelik. In die berig: resep vir ‘n lang huwelik.

Vir ‘n lang huwelik is die resep eenvoudig: eet en leef gesond, dan leef jy langer….. En tweedens, moenie skei nie, dan hou jou huwelik langer.

Vir ‘n gelukkige huwelik is die resep moeiliker, nie onmoontlik nie, maar dit vra offers – van jou kant af. Die Christelike beginsels: onselfsugtige diensbaarheid en nederigheid vorm die kern. Gee sonder om te verwag, gee 100%.

Fil 2:3-4 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.  Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.

Veels geluk aan die Britse paartjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.