83-jarige speel blommemeisie

Brenna Kleman en haar ouma (Foto: Thomas Felts Photography)

Sommige blommemeisies is skaars twee jaar oud en gewoonlik is hulle tussen ses en sewe jaar oud, maar by dié troue was die meisie, wat die blomme in die gangetjie gestrooi het, 83 jaar jonk.

Toe Brenna Kleman (27) van Wichita in Kansas, VSA in April vanjaar met Brock Kendall getrou het, het hulle ʼn ongewone besluit gemaak: om haar ouma te vra om blommemeisie te wees! “Dit was opwindend en ʼn groot seën om daar te wees,” het die ouma later aan Good Morning America gesê.

Branna, ʼn geregistreerde verpleegster, het gesê een van haar pasiënte, wat self ʼn blommemeisie was by haar kleindogter se troue, het haar geïnspireer.

“Die gaste kon nie ophou glimlag toe hulle Ouma in die gangetjie gesien het nie,” het Brenna bygevoeg. “Sy was self emosioneel – want sy wou seker maak alles verloop glad op ons troudag.”

Thomas Felts was die fotograaf wat die vrolike foto’s van Ouma in haar donkerrooi rok geneem het.

“Ouderdom maak nie saak nie,” het Brock gesê. “Ouma is 83 jaar jonk en sy spring nog steeds in foto’s en strooi blomme!”

Brenna se oupa en ouma is al 63 jaar lank getroud en sy het gesê sy hoop haar eie huwelik is net soos hulle sʼn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Veer ·

Dit moes vir die tannie die wêreld beteken het! Terloops, die bruid se rok was pragtig!

Rina Kotze ·

Ag dis te mooi!!!

Hoop hulle het dit almal geniet! Wat ‘n voorreg om jou Ouma en Oupa op jou troudag te kon hê. Myne was ongelukkig almal oorlede al.

Liezl ·

Pragtige mense. Waardeer julle ouma’s en oupa’s. My ouma leef nog, 90jaar jonk! Ons kan net wens om so vrolik te lyk wanneer ons daardie ouderdom behaal.

Daleen ·

5 Jaar terug het my man se niggie dit ook gedoen, maar sy het haar ouma en die bruidegom se ouma gebruik – dit was regtig ‘n pragtige traan in die oog oomblik gewees. Dit het hulle ook BAIE belangrik laat voel (wat hul ook is)!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.