86-jarige vas wat glo bank wou beroof

Emily Coakley. Foto: Philadelphia Polisie

Polisiebeamptes in Pennsilvanië in die VSA het ʼn 86-jarige vrou, wat met behulp van ʼn loopraam loop, in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn bank met behulp van ʼn vuurwapen probeer beroof het.

Die beweerde voorval het Dinsdagmiddag by University City-bank in Wes- Philadelphia plaasgevind.

Fox 13-nuus berig Emily Coakley het glo ʼn rewolwer op ʼn kliëntediensbeampte gerig en geëis dat die beampte $400 (ongeveer R5 500) aan haar oorhandig. Die polisie is ontbied en Coakley is sonder verdere drama in hegtenis geneem. Polisiebeamptes het ook op die vuurwapen beslag gelê.

Fox 13 berig Coakley word aangekla van roof, ernstige aanranding, terroristiese dreigemente en ander verwante aanklagte. Sy is op borgtog vrygelaat.

Een van die kliënte in die bank het sy skok oor die voorval uitgespreek. “Dit is nogal baie ongewoon. Ek het nog nooit van ʼn bankrower gehoor wat so oud en nogal gewapen is ook nie,” het John McDonald aan Fox 13 gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ashley ·

Lol, of voel ek hartseer. Die dame het n ontrekking gemaak die dag vantevore, en was onder indruk hulle het haar $400 te min gegee. Sy wou net haar orige geldjie kom haal. Ja, ek voel eerder hartseer!!

A Mac ·

Met die pryse van mediese sorg, ouetehuise en kinders en staat wat die oumense afgeskryf het dink ek die ou tannie hoop om tronk toe te gaan want dit is al oraloor bewys dat kriminele beter behandeling t.o.v medies, kos, slaapplek, ens. kry dat sy eerder daarvoor kans sien.

Marinda ·

Hahahaha, hahahaha, lekker lag ek vir die berig en jou kommentaar Carl. Ek hoop iemand maak ñ fliek van die, of dalk ñ advertensie. Hoe om nie………….. Hahahaha

G ·

Het iemand al ‘going in style’ gekyk? Die laat my nou daaraan dink. Dit is vreeslik hartseer dat daar nie na die oues omgesien word nie.

gideon ·

ouers van dae word nie goed nagekyk nie.
en tog is dit hulle wat die land op gebou het soos hy van dag daaraan lyk.
ek is nie verbaas ,van die Tannie wat die bank beroof het nie.
Die staat ,moed hom skaam om ons mammies en pappies so te laat lei.en dis die dankie wat hulle kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.