88-jarige se waaghals-emmerlysie

Maire Hollo (Foto: Ieva Lucs/CBC)

ʼn 88-jarige het sopas nóg ‘n item op haar emmerlysie afgemerk, om valskerm te spring. Dit is een van talle waaghalsige uitdagings op haar lysie van doendinge.

Maire Hollo was nog altyd ʼn waaghals. Haar emmerlysie, dit wat sy wil doen voor sy sterf, sluit in om ook nog met ʼn F1-resiesmotor te jaag. Sy het reeds die Edgewalk in Toronto gedoen, waar sy op die lysie van ʼn 356 meter hoë gebou geloop het.

Sy het onlangs naby haar huis in Kanada uit ʼn vliegtuig gespring.

Haar dogter sê Maire was nog altyd ʼn vry gees. Toe sy jonger was, het sy teen kleredragreëls baklei en sy was die eerste vrou in haar straat om ʼn broek in die publiek te dra. Sy het ook haar rybewys bekom, al wou haar man dit verhoed.

Haar man, wat 16 jaar ouer was as sy, is oorlede toe sy nog in haar 50’s was. Sy het geweier om weer te trou en sê sy is gelukkiger op haar eie.

Haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders het ook die geleentheid bygewoon toe Maire die dag saam met die Parachute School of Toronto uit die vliegtuig gespring het en gesien hoe sy weer veilig terugkeer aarde toe.

Haar volgende avontuur? Maire verduidelik sy speel gereeld ʼn videospeletjie met F1-renmotors by haar seun se huis, en sy wil graag volgende in een van dié motors jaag.

“As jy bang is, sal jy net ʼn halwe lewe leef,” is Maire se slagspreuk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

Die regte tyd vir elke ding. Dis nou die tyd vir haar om avontuur te beleef! Lekker!!

Peet J ·

‘Emmerlysie’ is Anglisisme ek dink daar is ‘n beter Afrikaanse benaming vir die vrou se waaghalsige toertjies.

Peet J ·

Gwen ,ja “Kluitklaplys ” is die korrekte benaming ek sal dink “Seldsameprestasielys” dien ook as ‘n goeie benaming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.