9-jarige bestuurder bots met motor ná jaagtog

(Foto: Pixabay)

(Foto: Pixabay)

Polisiebeamptes van Des Moines in Iowa in die VSA het Maandag ʼn verrassing gekry toe hulle ʼn negejarige meisie agter die stuurwiel van ʼn motor aangetref het.

Dit nadat die motor kruis en dwars oor die pad gejaag en uiteindelik ʼn geringe ongeluk tot gevolg gehad het.

ʼn Bekommerde inwoner het kort voor 08:30 Maandagoggend die roekelose bestuurder aan nooddienste rapporteer.

Beamptes het die motor agternagesit en hul ligte geflits en die motor het ná sowat 10 blokke tot stilstand gekom.

ʼn Sewejarige is in die passasiersitplek aangetref. Volgens die polisie is nie een van die kinders beseer nie.

Sers. Paul Parizek het gesê dit blyk dat die kinders op ʼn pretrit was en dat hulle nie ʼn spesifieke eindbestemming gehad het nie.

Hy het aan The Des Moines Register gesê die kinders sal nie na die owerhede verwys word nie. “Die kinders se ouers sal waarskynlik met hulle afreken,” het Parizek gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ann ·

Skuus MM, ek het verkeerd gelees!!! Passasier was 7 … blonde oomblik!!

Henk du Toit ·

Hehehe, klein rakkers! Hier met my voet in die deur van 50 lewensjare bring dit aan my warme herinneringe aan die sorgelosheid van my plaasbestaan as kind. Ons sommer al klein leer bestuur so op oupa se skoot en as jy oor die “deshbord” kon sien is jy geleer om ratte oor te sit. Op 12 ry jy al die plaaspaaie plat en word herwaards en derwaards gestuur met die ou plaasbakkie. Onbeskaamd kan ek sê dat dit met my beter gegaan het toe my pa nog vir my gesorg het.

Hennie ·

Onverantwoordelike ouers het eerstens omstandighede geskep of goedgekeur dat die kleuters rondry, die owerhede behoort te monitor of die ouers wel met hulle afreken. Sulke “no care” ouers het gewoonlik leiding nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.