97-jarige spring weer valskerm vir D-dag

Tom Rice tydens sy tandemsprong (Foto: AP Photo)

Valskermspringers spring weer oor Normandië, net soos wat soldate 75 jaar gelede vir D-dag gedoen het, dié keer natuurlik sonder dat iemand op hulle skiet.

C-47-vragvliegtuie het ʼn paar honderd valskermspringers in groepe afgelaai, insluitend die 97-jarige Tom Rice, ʼn D-dag-veteraan.

“Dit was perfek! ʼn Perfekte sprong,” het Rice gesê. “Ek voel wonderlik. Ek sal dit graag weer wil doen.”

Die valskermspringers het Woensdag hulde gebring aan die soldate wat te midde van skote hul lewens gewaag het.

Die Slag van Normandië was die Geallieerde inval van Normandië, deel van die Normandië-veldtog tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit het begin op 6 Junie 1944 (in die algemeen bekend as D-dag) en het geëindig op 30 Junie 1944. Meer as 156 000 troepe was betrokke in die kruising van die Engelse Kanaal vanaf Engeland na Normandië. Die Normandiese inval het begin met oornag valskerm- en sweeftuig-landings, massiewe lugaanvalle, vlootbombarderings, en ’n vroeë-oggend amfibiese fase. Die “D-dag”-magte het uit basisse langs die suidkus van Engeland ontplooi.

Die landingstrook vir Woensdag se operasie was ʼn stuk grond met veldblomme buite Carentan, een van die teikens van die duisende valskermspringers wat die besette Frankryk betree het.

Rice, van San Diego in die VSA, het rofweg in dieselfde gebied gespring waar hy op D-dag geland het. Hy het gesê dit was donker toe hy in 1944 daar geland het en hy is dus nie heeltemal seker presies waar dit was nie. Hy het 75 jaar gelede saam met die Amerikaanse weermag se 101ste lugvleuel gespring en veilig geland. ʼn Koeël het sy valskerm getref. “Dit was die slegste sprong van my lewe,” het hy gesê. Sy linkerarm het ook vasgehaak toe hy uit die vliegtuig geswaai het, en het die kant van die vliegtuig getref en weer teruggeswaai. “Ek het net probeer om my arm reguit te maak om te kon spring,” het hy aan die Associated Press in ʼn onderhoud gesê.

Rice het Woensdag in tandem met ʼn ander valskermspringer gespring ná hy ses maande lank saam met ʼn afrigter geoefen het. ʼn Amerikaanse vlag het onder hom gewapper en duisende toeskouers het hom met ʼn gejuig begroet.

Ander valskermspringers het aandenkings van die Tweede Wêreldoorlog by hulle gehad, sommige het items gehad waarmee hul oupas in die oorlog was.

Op ʼn vraag wat sy D-dag-kamerade van sy sprong sou dink, het Rice gesê: “Hulle sal dol wees daaroor. Van hulle sal dit nie meer kan doen nie. Baie is reeds oorlede. Ons het 38% sterfgevalle gehad.

Net soos baie ander veterane sukkel hy nog steeds om die oorlog te verwerk. “Al die soldate ly aan dieselfde probleem om skuldgevoelens te verwerk. Dit pla ons heeltyd wat ons gedoen het. Ons het baie verwoesting en skade aangerig. Ons het die Duitsers weggejaag, en om terug te keer hierheen is ʼn mate van afsluiting. Mens kan nou die kwessie afsluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jerry B ·

Welgedaan Oom woorde kan nie eintlik hierdie prestasie beskryf nie.

Pieter ·

Eers in jou bloed, nooit weer uit jou bloed, ons gee eer aan sulke manne soos die.

Vannessa ·

Die geallieerde magte is oorlog misdadigers wat aandadig was aan die volksmoord van miljoene etniese Duitsers NA na die oorlog verby was oor n periode van 10 jaar.
Allermins “helde”

Robert ·

Regtig Vanessa? Sit bietjie ‘n verwysing op. So die Nazi’s was moeder liefde hulle het jou getroetel voor hulle jou in die gaskamer geboender het. Sê maar net.

Vannessa ·

Robert, gaan google die Rhyn konsentrasiekampe en Eishenhower oorlogsmisdade.
Daarna gaam Google wat met Duitsers in die Oosblok lande gebeur het tot 1955 en gebiede soos Pruisië en Koningsberg.
Dan gaan soek jy op wat met die Duitse soldate gebeur het wat op die Oosgrens krysggevange geneem is en hoeveel oorleef het.

Ep ·

Die oompie kan bly wees dit was nie saam ons narre uit die lug …. dan sou daardie paal nooit hul kon stop

Karlahari ·

Wie het onskuldige vroue en kinders vermoor en 1000e tonne bomme oor Europa se burgerlike bevolking afgegooi voordat Engeland al was wat tussen die Nazi’s en anargie gestaan het?
Lees die hele geskiedenis. Die europgese magte was beslis nie onskuldig nie maar hulle dade was teenoor n gewapende vyand gewees.

Vannessa ·

Kalahari, duidelik lees en ken jy nie die geskiedenis nie. Die AXIS magte het al die Noord-westelike Europese lande binne weke verslaan met minimum geweld.
Dis die geallieerde magte wat die hele Europa plat gebom het met lugaanvalle op burgerlike teikens.
Die geallieerdes het ook nie omgee vir die Europese burgerlikes nie en het enige iets wat beweeg aangeval en vervoerweë, waar meer gesterf het weens die geallieerdes se aanvalle in die winter van 44-45 as in totaal in die voorafgaande 4 jaar van besetting.
Jy het duidelik ook nie die plasing gelees nie, dit het betrekking op die miljoene etniese Duitsers wat NA die oorlog verloor is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.