Aangrypende foto wys lang pad na moederskap

Die foto wat Angela met die Sher-vrugbaarheidskliniek gedeel het (Foto: Facebook)

Die foto wat Angela met die Sher-vrugbaarheidskliniek gedeel het (Foto: Facebook)

ʼn Vrou wat ʼn jaar en ʼn half gesukkel het om deur middel van in vitro-bevrugting (IVF) swanger te raak, het ʼn aangrypende foto op sosiale media gedeel oor die lang pad na moederskap.

Die Sher-vrugbaarheidskliniek in St Louis, Missouri, het dr. Molina Dayal en die pasiënt, Angela, bedank dat hulle die “ware definisie van liefde” gedeel het. Angela het die klomp inspuitingsnaalde wat nodig was om dié baba te maak, in ʼn hartjievorm rondom haar geplaas.

Dayal het aan ABC News gesê dit is nie eers al die inspuitings wat benodig was nie.

Angela wou nie haar van aan ABC bekend maak nie. “Die naalde was die maklike deel,” het sy gesê. “Dit was die emosionele uitputting wat sy tol geëis het.”

Nadat Angela haar foto gedeel het, het talle ander vroue ook hul IVF-babas gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

chantell ·

Ek sal alles in my vermoe doen net dat ek kan swanger raak. So bly vir die mammas wat we’ll kan.

Martina ·

Ek was vir 20 jaar moedeloos, ek het begin aanvaar ek sal nooit kinders kry nie. Toe ek 40 word het ek gedink ek sal maar die beste maak vir die paar jare wat oor is en toe gebeur n wonderwerk, ek is swanger. Vandag is ek 5 maande swanger en kan God nie genoeg dankie se nie. Never give up and believe in God.

Inge ·

Dankie Chantell, ja dit is ‘n fantastiese gevoel om ‘n moeder te wees. Jy sal dit eendag nog beleef en een van die beste mammas wees!

Eileen ·

Moederskap is die grootste geskenk ook. Ek kan net die Here dank dat ek nie probleme gehad hetnie. Dink net aan al daai ander moeders wat GEEN probleem het om swanger te raaknie, en dan daardie babas soos vullis weggooi!

Hanlie ·

Ek kan vereenselwig met daardie hopelose gevoel wanneer almal rondom jou swanger raak en net nie jy nie. Die inspuitings en pille en al die dinge wat daarmee saamgaan en steeds raak jy nie swanger nie. Tot ek besluit het genoeg is genoeg. Myself voorberei dat ek nooit ‘n mamma sal wees nie. 2 maande voor my 15de huweliksherdenking het ek geboorte geskenk aan ‘n seuntjie. Ek het moed opgegee maar Jesus se werk was nie klaar nie. Vandag het ek ‘n wonderlike 11 jarige seun en die pragtigste 9 jarige dogtertjie. Geskenke van BO.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.