In Suid-Afrika is die kanse dikwels groter dat die polisie jou rooi sal laat sien eerder as wat hul jou rooi sal laat bloos.
Dít was egter nie die geval met ’n Suid-Afrikaanse vrou wat onlangs ʼn video op TikTok van ʼn polisieman, wat klaarblyklik vir haar sag op die oog was, gedeel het nie.
TikTok-gebruiker Mercy Nouse (@mercy_nous) het vroue op dié sosialemediaplatform laat swymel nadat sy ʼn video gedeel het van polisiebeamptes wat mense in Vosloorus in Johannesburg begelei.
In dié video, wat reeds meer as 133 000 keer gekyk is, val die kollig dadelik op dié spesifieke polisieman. Daar kan ook gesien word hoe ʼn senior vroulike polisiebeampte aan sy arm vat en iets vir hom beduie.
Dit is nie duidelik of dié oomblik deur Nouse self vasgevang of net aangestuur is nie.
“Ek het nog nooit my oë op iemand gehad nie, moet dit asseblief nie vir my verwoes nie, dit is my geliefde,” het sy by die video geskryf, wat sy “Help my om hom te vind” gedoop het.
@mercy_nous I have never had a crush my entire life, please don’t ruin it for me please, this is my crush hleng????????#ifellinlovewithsomebody #fyp #fy #fypシ #fypage #SAPS #saps
Talle vroue het vinnig in die kommentaarafdeling ingespring en haar aangemoedig om die aantreklike man vas te trek.
“Daar’s gʼn ring aan sy vinger nie. Vind hom!” het een gebruiker geskryf, terwyl ʼn ander hom met die Amerikaanse akteur Channing Tatum vergelyk het.
“Hy is oulik. Jy kan sien hy vat nie omkoopgeld nie. Ek is seker jy sal hom kry,” het ʼn ander skertsend bygevoeg.
Baie kon nie glo dat hy ʼn Suid-Afrikaanse polisieman is nie en het aangebied om deur hom “gearresteer” te word.
“Haibo, is dit ‘n Suid-Afrikaanse polisieman? Goed, stuur vir ons die adres waar jy hierdie man wegsteek,” het een gebruiker in reaksie op die video geskryf.
Vir al wat die dame weet, is hy dalk in verhouding, verloof, getroud, met ‘n kind of twee.
Mooi bly mooi, sterkte hoop maar die man word wel gevind, of dalk wil hy nie gevind word nie!
Hy is inderdaad (glo) heel gelukkig getroud. Maar geringde voëls vlieg mos nog altyd! Wel, dit was in elk geval ‘n “voel-goed” storie oor ‘n polisie-beampte (vir ‘n verandering!).
Dis nou ‘n voel goed storie, lekker gelag vir die Dames se stuitige reaksies. Ja’ n mens sien nie meer baie van ons mans in die mag nie, en dan is hy noggal aantreklik ook. ‘n Posetiewe storie oor’ n Polisie Man vir ‘n verandering.
Mooi was nog nooit lelik nie!
As ek net dink aan al die aantreklike polisiemanne van voor 1994 is dit ‘n jammerte dat daar nie meer jongmanne by die mag wil betrokke raak nie, maar ons verstaan alte goed hoekom.
‘n Aantreklike man in uniform was altyd iets om na te kyk en dames se koppe het behoorlik gedraai.
Haha, vir 35 jaar was ek in SAPD en saam met die aantreklikste manne gewerk. Ek vermoed dié dame het nog nooit ‘n Polisieman buite ‘n patrollie motor gesien nie want daar is nie meer voet patrollies nie ! As ‘n afgetrede vroue SAPD offisier, kan ek net sê, “daar is baie ordentlike en goeie en natuurlike mooie manne” in die SAPD. Gelukkige ek !!!
Mooi was nog nooit lelik nie. Wat n dish.
Hy is sag op die oog. Daar is niks verkeerd met mý oë nie. Mooi bly maar mooi.
Ons kinders lyk so mooi in die uniform. baie mooi kind
Ek wonder of die reaksie ook so positief sou wees as dit ‘n dame was?
Party mense sal altyd n negatiewe opmerking he!
Dus n mooi mannetjie met n trotse liggaamshouding … PUNT
As sy hom opspoor kan hulle mos maar self oor die Do’s and Don’t s gesels.
Wanneer is die volgende SAPD onderhoude? Ek is daár!