Absolute afgryse oor hoe dié vrou steak gaarmaak

Skermgreep uit die video

ʼn Video wat op TikTok gedeel is oor ʼn “alternatiewe manier” om steak gaar te maak, word wyd versprei en is reeds meer as 4 miljoen keer gekyk, maar moenie dié gevaarlike metode self probeer nie.

Suid-Afrikaners spog gereeld oor hul kundigheid en vernuf om ʼn steak perfek te braai en sal waarskynlik met afgryse gevul wees om te sien dat dié vrou ʼn broodrooster aanbeveel.

Die TikTok-gebruiker Itsmeju1iette het die video gedeel en sy verklaar dapper: “Hoe om ʼn steak gaar te maak” terwyl sy die stukkie vleis glo vir haar kêrel voorberei. Daarna plaas sy twee stukkies gaar vleis op ʼn bord en bedruip dit met ʼn sous.

Vet en olie is natuurlik ʼn baie gevaarlike kombinasie vir ʼn broodrooster, so moet beslis nie self dié metode probeer nie.

Kykers is verstom oor haar metode, maar dit is onduidelik of sy werklik die vleis in die rooster gaargemaak het, omdat daar ʼn onderbreking in die video is. Juliette het al ʼn paar kosvideo’s gedeel wat kykers laat ril: frikkadelle in ʼn ketel, burgers op ʼn strykyster, weense worsies in ʼn tuimeldroër, en spek en eier op ʼn haartang.

@itsmeju1ietteCooking steak for my boyfriend ❤️???? ##foryou ##cooking ##chef

♬ It’s Beginning to Look a Lot Like Christmas – Perry Como & The Fontane Sisters – ????????????

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andréas ·

TikTok se videos beindruk oor die algemeen glad nié. Dit blyk net sommige te trek en bring die slegste in hierdie “vervaardigers” uit ten einde kykers te probeer lok…

Natasha ·

Met daai hoeveelheid sous is dit beslis nie smaaklik gaar gemaak nie

Janine ·

Sy weet seker nie hoe om vuur te maak en te braai nie….hahahahaha!

Anel ·

In die skoolkoshuis daardie jare, het ons brood op ons strykysters gerooster.

Boklam ·

Lekker “toasted cheese and tomato” in die polisie kollege gemaak

Anci ·

Die pan braaimerke is duidelik op die steak te sien. net nog ‘n vervelige tiener wat likes en views najaag

Mad Mike die Rhodesiër ·

Nee man! Hierdie vrou soek ‘n massiewe doodskok!

Eend Bessinger ·

Ag nee, man! Ek soek nie ‘n elektriese skok nie. Dankie!

Martie Smartie ·

Ok haar plan werk – sy soek aandag en sy kry dit

Misky ·

Ek maak gevriesde wafels in die toaster warm en sommer crispy vars daarna, maar die storie vat die koek!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.