Afgeleë eiland soek nuwe verpleegster

Fair Isle (Foto: Facebook)

Geharde verpleegsters op soek na ʼn unieke uitdaging kan nou op ʼn stil eiland gaan werk, waar dit nog nooit warmer as 20 °C was nie.

Die Skotse eiland, Fair Isle, is op soek na ʼn entoesiastiese, dinamiese verpleegster. Saam met ongeveer 60 ander mense, 10 000 papegaaiduikers en 1 000 skape kan jy op hierdie eiland ʼn nuwe uitdaging aanpak.

“Jy moet in staat wees om selfstandig te werk, ʼn hoë standaard van verpleging handhaaf en jou eie inisiatief gebruik om gesondheidsorg binne die konteks van hierdie afgeleë eiland toe te pas,” lui die advertensie.

Hierdie afgeleë eiland het nie elektrisiteit in die aand nie en daar is net een winkel. Vliegtuie kan nie by die lughawe land as dit sneeu nie en soms kan daar vir weke nie met ʼn boot vanaf die eiland gevaar word nie, weens die onstuimige see.

Elena Mera Long was nege jaar lank die verpleegster op hierdie eiland en moes ʼn veelvuldige rol speel: Sy het saam met die inwoners gebrei, was die musiekonderwyseres, het die orrelbegeleiding vir die kerk behartig en was die koordirigent. Sy trek nou Roemenië toe en die nuwe kandidaat het beslis groot skoene om te vul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Paul ·

Dit moet sekerlik “papegaaiduikers” (puffins) wees eerder as “papegaaie”.
Die eiland is nie in of naby die trope geleë nie – hoe sal papegaaie daar oorleef?

Puffins is ‘n voël van ‘n heel ander veer!

Janie Monsieur ·

Dagsê Paul,
Dankie vir jou kommenataar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Chekoree ·

Waarheen kan ek my skoonma se CV stuur, want sy sal beslis ‘n aanwins vir die eiland wees?

Zal ·

Of dalk kan Zuma die posisie vul, hy sê mos hy is so “caring”.

Wedjou ·

Ek wed jou my skoonma is ‘n beter opsie as joune; pick her, pick her!

Anoniem ·

Wens ons blanke Suid – Afrikaners kon daar gaan bly het. Ons sou daai plek ons “plekkie” kon noem, en huise en besighede daar opgerig het, en ‘n groot sukses daarvan gemaak het…

Maggie ·

Ek bly on Skotland.Dis baie mooi hier,maar dit is bitter selde warm hier.Dit reën baie en is meesal koud en winderig. ‘n Mens mis die klimaat van SA en jou familie.Ja,misdaad is baie minder en ‘n mens slaap rustig,maar die verlange na Afrika en Afrikaans raak groot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.