Afslag vir goeie maniere

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Moet liewer nie jou maniere by die huis vergeet wanneer jy vinnig by ʼn restaurant indraf nie! Restaurante in Amerika probeer nou om hul klante goeie maniere te leer deur afslag aan te bied aan diegene wat asseblief en dankie sê.

ʼn Foto van ʼn advertensiebord van die Cups Coffee and Tea-restaurant in Roanoke in Virginia, word wyd op sosiale media versprei. Volgens dié advertensiebord kos koffie $5 vir klante sonder goeie manier, en slegs $1,75 vir klante wat groet en dankie sê.

Austin Simms, die kelner wat die woorde op die bord geskryf het, het aan Mashable vertel hoewel klante nie werklik meer betaal het as hulle nie asseblief sê nie, was die idee om bewustheid onder mense te skep.

“Ons wou hê mense moet besef ons is almal regte mense agter die toonbank en mense sover kry om op te hou met die slegte maniere om nie iemand anders te groet nie,” het hy gesê.

Klante wat die bord gesien het, het glo beskaafd gegroet en gevra vir ʼn koppie koffie.

Maroela Media weet van minstens twee van dié restaurante. Het jy ook al iets soortgelyk teëgekom?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stellie ·

Baie oulike idee. Wens dit was hier ook so. Maar van die kassier se kant af. Haat dit as ek betaal en hulle kan nie groet nie!

Theresa ·

Oulik! Leer sommer die kelner ook dat al is dit darem reg om ‘n 10% fooi te ontvang, niks van hom/haar sal afval as daar dankie voor gesê word nie. Goeie maniere is altyd ‘n wenner en behoort by winkels en restaurant, ens. as deel van die opleiding aangebied te word – te veel mense aanvaar en verwag sommer net vandag.

chris ·

Ek het dit al so baie keer ervaar dat kelners aan die begin baie vriendelik is en hulle self voorstel “good day sir/ madam I am so and so, I will be your waiter for today” Die kos word voor jou neergesit en dis die laaste sien van die kelner. Jy moet behoorlik rond soek na die kelner om nog iets te bestel, en wanner jy klaar geeet het wil dan eers geweet word ” was everything ok ?” In so geval . jammer kelner , geen fooitjie !!!

Rapes ·

Die twee toorwoorde ” asseblief en dankie ” en daarmee vermag jy baie.

Karel ·

Waar ek bly is dit meer die een agter die toonbank wat maniere moet leer, hulle dink hulle doen jou n vreeslike guns as hulle jou moet help. As jy inkom en vriendelik groet, kyk hulle jou aan asof jou kop jou verlaat het. So verskil dit van waar mens bly, of die een voor of die een agter die toonbank het nie maniere nie, dink ons almal moet maar sulke ongeskikte mense sluk en aanvaar, almal lyk my is nie met n sprankelende persoonlikheid gebore nie.

E.K. ·

Eendag…lank gelede was SA bekend om sy vriendelike mense (sug)…Maar nou-ja ek ignoreer maar ongeskiktheid en as ek iets koop groet ek en sê dankie en groet weer -met ‘n glimlag. Ek kyk die persoon ook in die oge en meestal voel hul sleg en sal wel aan die einde groet. Die wat nie reageer, wel dit se niks van my maar baie van hulle so, ek sal maar voortgaan met groet en glimlag en dankie se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.