Ag moeder, ma! Baba-olifantjie gee sy eerste treë

Skermgreep uit die video

Sosialemediagebruikers reken ʼn video van ʼn olifantkalfie wat sy eerste treë gee, is te dierbaar.

Parveen Kaswan, beampte van die bosboudienste in Indië, het dié video op Twitter gedeel. “Die eerste treë van ʼn pasgebore olifantjie. Rukkerig en stadig. Eendag sal hierdie een ʼn 6 000 kg-reus word en met elke tree sal die aarde skud. Dis die lewe.” het Kaswan geskryf.

In nog ʼn video wat Kaswan gedeel het, wys dit hoe die ma haar baba help om weer regop te kom ná hy omgeval het. Sy vou selfs haar slurp om sy lyfie om hom te help om sy balans te kry.

Sosisalemediagebruikers het hul waardering uitgespreek oor die video. “Hoe meer ek van olifante leer, hoe meer is ek verstom oor hul intelligensie. Ek is nou liewer vir hulle en het meer respek vir hulle.”

Nog ʼn persoon skryf: “So oulik, so natuurlik … om lewensvaardighede self te leer! Mensma’s soek allerhande YouTube-video’s om te kyk hoe om jou baba te leer loop.”

“Die oulikste olifantjie! En die natuur is so mooi. Daardie swak beentjies sal binne ʼn paar jaar die aarde verpletter.”

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Plaaskind ·

Te pragtig, Mamma help nogal met slurp haar baba regop hou. Oulike Offie Olifant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.