Agt kamele en ʼn llama loop in die straat af … Dit klink soos die begin van ʼn grappie, maar dit is wat in Madrid in Spanje gebeur het toe dié groep diere van ʼn nabygeleë sirkus ontsnap het.
Spaanse polisie het Vrydag gesê dit is nog nie duidelik hoe die diere losgekom het nie, maar Quiros-sirkus blameer sabotasie deur diereregte-aktiviste.
Die diere is omstreeks 05:00 in die strate van Carabranchel opgemerk, naby aan die sirkus se huidige perseel.
“Verskeie kamele en ʼn llama het oornag uit ʼn sirkus ontsnap,” het Spanje se nasionale polisie op Twitter geskryf. “Die polisie het hulle gevind en versorg sodat hulle veilig teruggeneem kan word.” Dit is nie duidelik of beamptes moes spook om die diere aan te keer nie.
Mati Munoz, een van die sirkus se bestuurders, het gesê hy is dankbaar die diere is veilig aangekeer. Die sirkus het ʼn klag aanhangig gemaak toe daar bevind is die elektriese heining om die diere se kamp is geknip. “Ons vermoed diereregte-aktiviste, wat jaarliks teen die sirkus betoog, is verantwoordelik.”
Baktriese kamele (Camelus bactrianus) is inheems aan die steppe van Oos-Asië. Byna al die Baktriese kamele wat vandag leef is makgemaakte diere. Die kamele is meer as 2 meter hoog by die boggels en weeg meer as 725 kg. Hulle is herbivore wat gras, blare en graan vreet en kan tot 120 liter water op ‘n slag drink. Hulle het ʼn uitstekende vermoë om in uiterste omstandighede te oorleef.
Varios camellos???????????? y una llama ???? se han escapado esta noche de un #circo en #Madrid.
Agentes de la UPR???? los han localizado y custodiado para que pudieran volver sanos y salvos.#WeLoveAnimals???? pic.twitter.com/4bX5T9cICf
— Policía Nacional (@policia) November 5, 2021
Ja ek is ook nie te genee met die feit dat hulle in die eerste plek in ‘n sirkus is nie.