Agter die skerms van skoonheidskompetisie vir 60+

Finaliste van Mev. Senior Amerika-skoonheidskompetisie.  Foto: Independent/Brian Finke

Finaliste van Mev. Senior Amerika-skoonheidskompetisie.
Foto: Independent/Brian Finke

“Op hierdie ouderdom het jy operasies, motorongelukke, sterftes en egskeidings agter die rug. Noem dit en ons was daardeur,” sê Mev. Arkansas, een van die finaliste vir die Mev. Senior Amerika-skoonheidskompetisie. “Dis hoe jy daarop reageer en of jy groei wat jou wys maak.”

In die VSA is daar jaarliks tientalle vroue wat kies om hul ouderdom te vier met dié kompetisie. Dames wat die swierige ouderdom van 60 bereik het, word op die webblad uitgenooi om hul talente te deel en nuwe vriende te maak. In 2016 het Mev. Missouri met die wentitel weggestap.

Elk van die finaliste kry tydens die kompetisie 30 sekondes om hul raad vir jongmense te deel. Hulle word ook beoordeel volgens hul talente en die aandrok wat hulle uitgekies het.

Independent het met die fotograaf Brian Finke gepraat wat vir die tydskrif Good Housekeeping foto’s geneem het in 2016 se kompetisie.

Finke vertel sommige van die vroue is al 90 jaar oud. “Ek was stomgeslaan oor die talent wat die deelnemers gehad het. Dit is duidelik dat Mev. Senior Amerika vir die deelnemers ʼn viering was van ʼn leeftyd van prestasies, eerder as nét ʼn skoonheidskompetisie.

“Ek is agter die skerms toegelaat, waar ek die meer ontspanne oomblikke kon vasvang. Baie van die deelnemers was gespanne, maar dit het nie gewys toe hulle op die verhoog verskyn het nie,” vertel Finke. “Dit was goed om te hoor waar hulle elkeen vandaan kom. Ek het hulle dopgehou terwyl hulle hul hare en grimering doen – dit het gelyk of elkeen ʼn pro is.”

ʼn Oomblik wat hy altyd sal onthou, was die aand toe hy vir die vroue gevra het om ná die oefensessie te bly sodat hy hulle kon afneem. “Een vir een het die vroue voor die kamera ingespring en begin flankeer terwyl ek die foto’s neem. Almal het mekaar aangemoedig en hande geklap. Dit was so onverwags – en skreeusnaaks.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

foxi ·

Wys jou net……..ouer gades het ook n plekkie in die son!!!!!

bren ·

Die is net sooooo verkeerd!! genugtig…..ek dog eers julle skeer gek! wie was die fotograaf?

n ·

@bren, wat is so verkeerd daaraan? gun oumense ook bietjie pret en plesier.

van der Merwe ·

Is dit nie te pragtig nie – ek beskou dit as ‘n viering van die lewe. . . 60 is immers die nuwe 40! Nie almal het die moed om so ‘n ekskursie aan te pak nie. 10/10 vir deursettingsvermoë. Daar is mos nie ‘n ouderdomsperk op mooi nie. . .

Verwonderd ·

Oud maar nog nie koud… Ek wonder net, of die fotograaf nie die moeite kon doen om te vra dat almal vir die kamera kyk, toe die kiekie geneem is nie?

M A ·

Agge nee! Net in Amerika. Almal het gekleurde hare en sommige het belaglike haarstyle. Wat het geword van grys hare? Ek stem saam met die gees van die kompetisies maar tensy hulle voorkoms veronderstel om n grap te wees…

Red ·

Zahn, ek het nou so lekker vir jou gelag!!!Of dalk kon hulle nie mooi sien nie! Jy het nou my dag gemaak!

E.K. - ek sê net! ·

Gedoriewaar, beslis. Hulle moet ‘n kompetisie aanbied vir ou dames wat GEEN regtrekkings of opvullers gehad het nie – die Ware Jacob. Ek gun ouer mense pret maar ja, as jy eers gespuit, opgepomp of ingevul is…dan is dit mos nie JY nie en kan jy mos nie sê ou dames is ook mooi nie!

SkarrelKind ·

Daar is nie fout me die feit dat hulle oud is nie – die fotograaf moet wakker skrik. Hulle lyk of hulle ‘n spook gesien het en almal kyk in ‘n ander rigting. Ass hy/sy net ‘n mooier foto geneem het, het ons dit anders ervaar.

Matewis ·

Hulle kan nie eers glimlag nie – te veel botox. En die oë is so verstar van die facelifts. Dan lyk jy mos permanent verbaas. ‘n Natuurlike voorkoms is baie mooier.

Rina ·

Ai tog lekker lag ek nou – die ewige jeug nastreef! Ek wonder wat my kinders sal se as hul ma so-iets waag doen- nee wat! Goed versorgde ouer dame kan netso goed lyk sonder om altyd met die jonger geslag te wil meeding – om te wat???? Ek het te veel respek vir my kinders en kleinkinders en dis my opinie!

Truidie ·

Ek kan met trots sê dat my ma, net `n gewone oud-onderwyseres uit die platteland, stof in hulle almal se oë sou skop.

Ruby ·

Ek dink dit is ‘n baie oulike idee, daar is lewe na 60!

Ek wens SA bied so ‘n kompetisie aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.