Al die plante in dié tuin kan jou doodmaak

Ingang na The Poison Garden (Foto: The Alnwick Garden/Facebook)

Die Poison Garden in Northumberland in die noordooste van Engeland word met ysterhekke beskerm en het waarskuwings dat jy nie aan die blomme of plante moet raak of ruik nie. Besoekers het al selfs net van die walms in die tuin duiselig geword of flou geval.

Jy kan die tuin, ʼn klein gedeelte van die Alnwick Garden in Northumberland, natuurlik net saam met ʼn gids besoek. Die tuin is agter groot ysterhekke weggesteek met ʼn waarskuwing: “Hierdie plante kan jou doodmaak.”

Die tuin bevat sowat 100 “giftige, bedwelmende en narkotiese” plante. Dit sluit die mooi blou blommetjies van die monnikskap in wat nie net giftige bessies vervaardig nie, maar ook dodelike blare en stamme.

Een van die plante is fototoksies wat beteken dat dit jou vel sal brand en jy kan sewe jaar lank blase kry.

Net soos enige ander Engelse tuin moet die Poison Garden in stand gehou word en personeel dra beskermingstoerusting wanneer hulle met die dodelike plante werk.

Die hertogin van Northumberland, die flambojante Jane Percy, het met die idee vir die tuin vorendag gekom.

Die hooftuinier, Trevor Jones, het gesê daar is ook baie “gewone plante” – talle wat in kothuistuine te sien kan word, maar mense besef nie hoe gevaarlik van die plante kan wees nie.

Die giftige tuin, wat in Februarie 2005 gevestig is, is egter nie die grootste toeristeaantreklikheid by Alnwick nie. Die kasteel self is gebruik as die ligging vir Hogwarts in die eerste twee Harry Potter-flieks en die res van die 14 hektaar formele moderne tuine is ook baie bekend.

Indien besoekers die reëls gehoorsaam, is die tuin veilig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Belinda ·

Nou weet ek waar om blomme vir my vyande te pluk. Hulle gaan dink dis n friendly gesture, lmga.

Noels244 ·

Wonder of hulle ‘n geskenk winkel het. Ek kan nogal aan ‘n paar individue dink vir wie ek ‘n geskenkie sal stuur..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.