Almal gons oor ‘skrikwekkende’ Diana-huldeblyk

Die kunswerk van Diana (Foto: Twitter via @shornkoomnins)

Huldeblyke aan die ontslape prinses Diana van Wallis het onlangs weer wêreldwyd opgeduik tydens die 20ste herdenking van haar dood.

Een van dié huldeblyke – ʼn kunswerk gemaak uit blomme wat die prinses se gesig uitbeeld – versprei egter om die verkeerde redes op sosiale media.

Dié kunswerk, wat glo in Derbyshire in die ooste van die land pronk, het honderde sosialemediagebruikers op hol oor die verwronge beeld wat die kunswerk van Diana se gesig skets.

Die kunswerk is glo ʼn inisiatief deur die plaaslike stadsraad en talle vrywilligers het deurentyd daaraan gewerk. Dit het glo meer as 120 ure geneem om die kunswerk te voltooi. Die kunswerk is gemaak met blare, blomme en eierdoppe en is opgerig om die ontslape prinses se bande met Derbyshire te vier. Sy het dié stad weke voor haar afsterwe besoek.

Die kunswerk van Diana (Foto: Twitter via @shornkoomnins)

Talle sosialemediagebruikers het opgemerk dié kunswerk beeld dalk eerder die televisiekarakter Worzel Gummidge uit – ʼn pratende voëlverskrikker wat die eerste keer in die Engelse romanskrywer Barbara Euphan Todd se boeke verskyn het.

Volgens The Daily Mail het verskeie omstanders opgemerk die kunswerk is ietwat “skrikwekkend”. Talle Twitter-gebruikers het met dié stelling saamgestem. Gebruikers het veral die kunswerk se oë as die problematiese deel uitgewys.

“Wel, ek gaan nie vanaand slaap nie,” het ʼn Twitter-gebruiker laat hoor. “Ek woon in die gebied, en laat ek jou vertel, ek kan haar oë op my voel, selfs in my huis,” het ʼn ander gebruiker geterg.

“Dit maak my regtig baie kwaad as mense té vroeg Halloween-versierings opsit,” het ʼn ander gebruiker gespot.

ʼn Woordvoerder van die stadsraad het gesê hy is bly die kunswerk bevorder gesprekke. “Alle kuns moet ʼn gesprekspunt begin en dit blyk die geval te wees met hierdie jaar se ontwerp. Die kunswerk is veronderstel om mense na die gebied te lok, en as sosiale media daartoe bydra dat meer mense na die werk kom kyk, is dit goed vir die dorp.”

Die kunswerk sal glo nog tot 16 September in Derbyshire pronk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mornay ·

aai nou lekker gelag en gehuil

Wonder wat gaan die seuns se wat van die stief ma of Charls

deloris ·

Ai tog Nee man kan hulle nie fotos van haar gebruik het nie en blomme om dit te versier nie… dis belaglik….

m ·

Hierdie is afskuwelik. Diana was n pragtige vrou. Hierdie person oefen seker nog om te skilder.

christa ·

dit bring die “kunstenaar” op die “map” vrot of goed, Did al wat vir hom belangrik is . Di was ‘n pragtige vrou. Ek dink nie haar gelyke bewander hierdie aarde nie, (as sy een het)

Lientjie ·

Die kunswerk is glo ʼn inisiatief deur die plaaslike stadsraad en talle vrywilligers het deurentyd daaraan gewerk. Lees die berig behoorlik.

Elize ·

Sjoe, ek weet nie eintlik wat om te se nie.
As dit ‘n kunswerk is, het die kunstenaar ‘n paar klasse nodig. Hoop maar hulle het goed bedoel daarmee want sy was ‘n pragtige mens.

Erika ·

Duidelik kan mens uit hierdie Kunswerk leer dat Prinses Diana te mooi was om geteken te word, sy was mooier as mooi, binne en buite. Die kunswerk is afskuwelik.

Anoniem ·

Stem nie saam nie, dink dis ‘n mooi gebaar en dis nie ‘n normale skildery nie – dis van blomme gemaak….so natuurlik sal dit nie heeltemal akkuraat wees nie.

MeisieMens ·

Dis nie geteken nie. Dis van blomme, blare en eierdoppe gemaak. Nie te sleg as jy na die medium kyk wat gebruik is nie.

Theresa ·

Met blomme, blare en eierdoppe gemaak. Nie sleg nie. Maar jammer die oë is skeef en die mond te hard. Sy is pragtig.

Saartjie ·

Hierdie is ‘n ware liefdeswerk en ‘n groter eerbetoon as ‘n vinnige bossie blomme koop en uitstal.

Sien niemand die kunstenaar se liefde, respek en deernis vir Di in hierdie urelange handewerk raak, wat waarskynlik met diep emosie en trane gepaard gegaan het nie?

Valerie ·

“Almal gons”? Rerig? Ek ken niemand wat oor die artikel of die kamtige kunswerk “gons” nie. Soek ons sensasie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.