Almal is gaande oor die dogtertjie se ‘byderwetse’ slaaptegniek

Só slaap die dogtertjie (Foto: Twitter)

Só slaap die dogtertjie (Foto: Twitter)

Kyk, as jy moeg is, slaap jy sommer op enige manier. Mikaela Long, wat onlangs vir die eerste keer baba-oppasser gespeel het, was verstom toe sy onlangs haar niggie op haar kop sien slaap. ʼn Foto van die babamonitor versprei nou soos ’n veldbrand op sosiale media.

Long het dié foto op haar Twitter-rekening gedeel en aanhangers gevra of hulle ook al voorheen só iets teëgekom het.

“Die eerste keer wat ek baba-oppasser speel. Ek is nie seker wat gebeur het nie, maar my niggie slaap nou op haar kop,” het sy geskryf.

Die dogtertjie se ma, wat aan Buzzfeed gevra het om haar naam en ouderdom te weerhou, het aan dié webwerf gesê sy pas dié byderwetse slaaptegniek al ʼn geruime tyd toe.

“Sy is nogal baie akrobaties die laaste tyd. Dit is vir my net so ‘n groot raaisel [soos vir almal op die internet]. Gewoonlik maak sy haarself net so gemaklik in die kooi voor sy in ʼn normaler posisie begin slaap,” het sy gesê.

Long se inskrywing op Twitter is al meer as 50 keer “retweet” en meer as 100 000 ge-“like”.

Bron: UPI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ouma ·

Hahahaha…. as ek op my ouderdom so slaap, sal die ambulans my maar die volgende oggend moet kom haal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.