Wallis, ʼn Golden Retriever, is met twee neuse gebore en almal wat hom sien koer behoorlik oor dié woef.
Lana Culley (21) het Wallis verlede jaar aangeneem en sy sê hy is ʼn gelukkige, gesonde hond en speel te lekker saam met sy beste vriend, Sunny (ook ʼn Golden Retriever) in Bournemouth, Engeland. Sy sê vreemdelinge kan nie uitgepraat raak oor Wallis nie. “Ons het Wallis juis gekies omdat hy twee neuse het. Hy is baie oulik en daar is geen ander Golden Retriever soos hy nie!”
Wallis en Sunny is glo onafskeidbaar.
Wallis se twee neuse is weens ʼn gesplete verhemelte. “Hy is net soos Sunny en het nie ʼn idee dat hy anders lyk nie. As ons foto’s van hom op sosiale media deel, dan kry ons gewoonlik talle kommentare van mense wat dink hy’s te oulik. Ons hele familie is baie lief vir hom en ons sal hom vir niks in die wêreld verruil nie!”
Dit lyk eerder na n gespleute neus as 2 neuse. Ietsie soos n haaslip.
Kan hulle nie Wallis vir ‘n rukkie invoer en hom gebruik om al hierdie kriminele in ons kabinet uit te snuffel sodat ons PERMANENT van hulle ontslae kan raak nie? Wallis sal verseker vir ‘n paar maande besig bly en nie EEN vervelige oomblik hê nie!!
Nou lekker gegiggel vir jou………
Ek vermoed die pragtige ding kan maar net daar bly. Ons het nie ‘n hond met 2 neuse nodig nie. Enige hond met ‘n halwe neus kan die skelms in die parlement uitruik.
Shame, die arme hond -sy reuk sintuig is dubbel en dan wil jy he hy moet kriminele uitsnif. Eerder lekker goed soos truffels en blomme.
… of BILTONG!
ai!!!
Dit is ‘n rein gedagte van Christa wat voorstel Wallis moet bietjie kom kuier. Ek kry net die arme hond jammer. Hy sal niks hoef uit te snuffel nie, met daardie twee snoete storm die skurke en boewe hom om te “confess”. Hy loop seker permanent met hondse gedagtes rond.
Lyk vir my ook na wat genoem word ‘n haaslip.