Almal krap kop oor dié muur-illusie

Daar is iets vreemd in die kraak in die muur – maar kan jy sien wat dit is?

Die onderstaande foto, wat Arron Bevin van Manchester, Engeland, op sy Facebook-blad gelaai het, is eintlik ʼn optiese illusie.

Hier is die waarskuwing: sodra jy die optiese illusie sien, kan jy nie weer na die foto op dieselfde manier kyk nie.

Bevin versoek in sy boodskap: “As jy dit sien, moenie dit bederf nie! Deel dit net!”

Kyk na die foto om te sien of jy self die optiese illusie kan raaksien (en deel dan hierdie berig sommer met jou vriende om te kyk wie kan dit die vinnigste sien!).
muur illusie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

SI ·

Ek kyk en ek kyk maar ek sien niks nie … nie eers die kraak nie (want daar is so baie ;)
Wat moet ek sien?

tambotie ·

Vergeet die boonste argief foto van die muur, kyk net na onderste prent.

Sune van Heerden ·

Dagsê!

Loer gerus of julle dalk ‘n sigaar kan opmerk in die foto…!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lydia ·

Nadat ek die ******* gesien het kan ek nie indink hoe ek dit kon mis nie. Baie goed gedoen.

Sune van Heerden ·

Dagsê tierq

Soek gerus die sigaar in die foto!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Theresa ·

Dis vreeslik om so te wonder – leeu, sigaret, sigaar, muur ????? Help!!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Theresa

Soek gerus die sigaar in die foto.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

lynette ·

Maroela, ek sien slegs die argief foto en niks anders. Waar is ander foto?

Sune van Heerden ·

Dagsê Lynette

Dis moontlik dat jou toestel dan net nie die foto vertoon nie. Klik gerus op hierdie skakel om die oorspronklike foto te sien.

Laat weet asseblief as jy nog steeds nie regkom nie
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Henk ·

Kan Maroela asb een bladsy vorentoe en een bladsy terug blaai deur mnr Bevin se fb profiel voordat julle weer foto’s van hom (of enigiemand soortgelyk) publiseer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Henk

Ons vra om verskoning as die persoon onvanpaste inligting op sy Facebook-blad gehad het.
Ons het die foto nou aangepas dat ‘n mens nie meer kan deurklik na sy profiel nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Suzette ·

Ek het alles probeer, facebook foto help nie. Ek sien iets tussen die bakstene, maar sigaar? Aikona! Help tog , ek is nou baie nuuskierig!

Sune van Heerden ·

Dagsê Suzette

Die klein klippe vorm die “as” van die sigaar. Ons hoop jy sien dit nou raak!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Foxi ·

My magtig…het dit met die eerste oog opslag gesien!
Pasop..hy loer vir jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.