Apie en bokkie het internet gaande

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn apie en ʼn bok wat saam moerbeie eet, word wyd op die internet versprei.

Die video begin waar ʼn man blêrgeluide in ʼn woud maak. Hy hou moerbeie in sy hande. ʼn Bok kom aangehardloop en begin van die moerbeie eet. Dit is dan wat mens besef ʼn apie hang om die bok se nek.

Die apie is eers huiwerig, maar tel dan ook ʼn moerbei op om te eet en verskuif hom in ʼn gemaklike sitposisie agterop die bok se rug.

Die video is reeds meer as 17,8 miljoen keer op Twitter gekyk en meer as 144 000 keer gedeel.

Die volledige video van die bok en apie se vriendskap is al in April op ʼn YouTube-kanaal genaamd “Animals Home” gedeel, maar het wyd begin versprei toe ‘n uittreksel daarvan ʼn paar dae gelede op Twitter gedeel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misky ·

Dit is nou die oulikste en dierbaarste video wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Kry al die apie jammer en die bokkie staan nie lank genoeg stil sodat hy ook kan eet nie. Te kostelik vir woorde!!!!

Prontuit ·

ag my moeder!!!!!!! lyk of apie vrek honger is – alhoewel dit vrek cute is dink ek nie apie kry kossies in wat hy moet nie, hy lyk nog bitter klein, mooiste goedtjies snaaks hoe hulle so “maaitjies” is

Swerwer ·

Te dierbaar verwoorde. Kyk net hoe vreedsaam is die 2’tjies. Die natuur is darem wonderlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.